SplinterDrome

Bring jou splinter drome in woorde ----- Turn you dream fragments into words

PLEASE NOTE ALL WORK ON THIS FORUM HAS NOW BEEN REGISTERED AT SAMBRO FOR COPYRIGHT ON ANY LYRICS THAT MIGHT BE USED IN MUSIC SCORES NEEM ASSEBLIEF KENNIS ALLE WERK OP DIE FORUM IS GEREGISTREER BY SAMBRO VIR KOPIEREG OP ALE VERSE OF DELE DAARVAN WAT MOONTLIK IN MUSIEK LIRIEKE AANGEWEND KAN WORD
Search
 
 

Display results as :
 


Rechercher Advanced Search

Keywords

vers  gedigte  

Latest topics
» lewe,.. minaar of moordenaar
Fri Sep 21, 2012 11:37 am by Lala

» As..........................
Fri Sep 21, 2012 9:56 am by Ronel Holtz

» Lente van my siel
Fri Sep 21, 2012 12:41 am by Ronel Holtz

» Agtergeblewe Paradys
Sat Jul 14, 2012 10:44 am by Utopian Indigent

» tussen woorde
Sat Jul 14, 2012 7:54 am by Utopian Indigent

» Cinnamon heart
Sat Jul 14, 2012 7:54 am by Ronel Holtz

» Drome van Spanje
Sat Jul 14, 2012 7:51 am by Ronel Holtz

» stilte kwatryn
Thu Jul 12, 2012 9:31 am by Ronel Holtz

» van agteruit loop om vorentoe te kom
Thu Jul 12, 2012 9:28 am by Ronel Holtz

December 2017
MonTueWedThuFriSatSun
    123
45678910
11121314151617
18192021222324
25262728293031

Calendar Calendar

Affiliates
free forum

Affiliates
free forum


You are not connected. Please login or register

dou-dag boontjies kerf

View previous topic View next topic Go down  Message [Page 1 of 1]

1 dou-dag boontjies kerf on Wed Nov 16, 2011 10:26 am

miskien….. hierdie gedagte-gang in boontjies pluk omhaal
jy sien, vars tuin boontjies pluk
(soos gedagtes sorteer)
werk beste met sonsopkoms
op pad groente tuin toe, oor dou oggend
stille
(net eers voëlbad vul vir die oggend badters)
tussen welige raam-rank boontjies hier pluk en daar pluk totdat jy
naderhand rok soom optel om jonk vars,
en hier en daar grof en strepie roes boontjie-nes in bont lap rok-skoot
knyp hul fyn,
fyn net duskant groei vingertjie so met nael somaar af,
so sommer by die tuin tafel
erte skottels nou byderhand
sorteer in jong boon
net vir was en vinnig stoom
groot gedagtes..
ek meen boontjies,
vir intensiewe aandag in ander bak
hierdie groot rank bone ,
met spikkel roes en harde baard,
hom,
sny jy pluk kant kop,
trek hom ruggraat langs onder sy gare uit
kap sy voet
(afval bak later se hasieskos jy sien)
wyl jy hul teen duim kerf ,
soos gedagtes
sistematies en in ritme ewe groot
raak vel seer, oor en oor teen
gekerf,
hier,
terug by gedagte gang
so by die tuin tafel erte skottels
boontjies versorg,
kom besef
al kon ek dit bekostig
(en ek kan nie)
om jou al die stukke te gee
elke splinter van min
goed en baie seer
sou jy hierdie splinter stukke vir my plak
sal dit wat jy bou
vir my van waarde wees?

View user profile

View previous topic View next topic Back to top  Message [Page 1 of 1]

Permissions in this forum:
You cannot reply to topics in this forum