irritasie van geluide
en kakofonie van geraas
word mengsel
van diskordante klanke
wat onwelluidend
my uit droom en inspirasie
skel verjaag
dat alles om my
in ongelyke stukke splinterbreek
in grepe van pablo neruda
se 'fractures of the night'
wonder al wat digter is
oor waarheid
oor liefde
oor harmonie
en die sin van ondermaanse bestaan
en as alles
soos die wind
stil gaan lê
metafore slim-verbeeld
eerbiedig voor die pen
soos voor konings
kniel
selfs verbaal-teatraal
lewe kry
in die onderskeidende semantiek
van taal
resoneer soms
net (kort na twaalf)
'n enkel blafgeluid
soos 'n hond-sonder-baas
eensaam
teen skadu's van donkermane huil
breek die wete
vir jou wat digter is
en wonder waar nuwe frases skuil
helder in eureka-oomblik deur:
as honde nie meer blaf
is die heelal nie meer héél
mag daar dalk stilte wees
maar dalk ook niemand meer
wat voluit lééf
of by sagte lig of kers
verse skryf
of boeke lees
en kakofonie van geraas
word mengsel
van diskordante klanke
wat onwelluidend
my uit droom en inspirasie
skel verjaag
dat alles om my
in ongelyke stukke splinterbreek
in grepe van pablo neruda
se 'fractures of the night'
wonder al wat digter is
oor waarheid
oor liefde
oor harmonie
en die sin van ondermaanse bestaan
en as alles
soos die wind
stil gaan lê
metafore slim-verbeeld
eerbiedig voor die pen
soos voor konings
kniel
selfs verbaal-teatraal
lewe kry
in die onderskeidende semantiek
van taal
resoneer soms
net (kort na twaalf)
'n enkel blafgeluid
soos 'n hond-sonder-baas
eensaam
teen skadu's van donkermane huil
breek die wete
vir jou wat digter is
en wonder waar nuwe frases skuil
helder in eureka-oomblik deur:
as honde nie meer blaf
is die heelal nie meer héél
mag daar dalk stilte wees
maar dalk ook niemand meer
wat voluit lééf
of by sagte lig of kers
verse skryf
of boeke lees

Calendar

