SplinterDrome

Bring jou splinter drome in woorde ----- Turn you dream fragments into words

PLEASE NOTE ALL WORK ON THIS FORUM HAS NOW BEEN REGISTERED AT SAMBRO FOR COPYRIGHT ON ANY LYRICS THAT MIGHT BE USED IN MUSIC SCORES NEEM ASSEBLIEF KENNIS ALLE WERK OP DIE FORUM IS GEREGISTREER BY SAMBRO VIR KOPIEREG OP ALE VERSE OF DELE DAARVAN WAT MOONTLIK IN MUSIEK LIRIEKE AANGEWEND KAN WORD
Search
 
 

Display results as :
 


Rechercher Advanced Search

Keywords

Latest topics
» lewe,.. minaar of moordenaar
Fri Sep 21, 2012 11:37 am by Lala

» As..........................
Fri Sep 21, 2012 9:56 am by Ronel Holtz

» Lente van my siel
Fri Sep 21, 2012 12:41 am by Ronel Holtz

» Agtergeblewe Paradys
Sat Jul 14, 2012 10:44 am by Utopian Indigent

» tussen woorde
Sat Jul 14, 2012 7:54 am by Utopian Indigent

» Cinnamon heart
Sat Jul 14, 2012 7:54 am by Ronel Holtz

» Drome van Spanje
Sat Jul 14, 2012 7:51 am by Ronel Holtz

» stilte kwatryn
Thu Jul 12, 2012 9:31 am by Ronel Holtz

» van agteruit loop om vorentoe te kom
Thu Jul 12, 2012 9:28 am by Ronel Holtz

October 2017
MonTueWedThuFriSatSun
      1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031     

Calendar Calendar

Affiliates
free forum

Affiliates
free forum


You are not connected. Please login or register

as honde nie meer blaf

View previous topic View next topic Go down  Message [Page 1 of 1]

1 as honde nie meer blaf on Tue Nov 15, 2011 11:07 am

Admin

avatar
Admin
irritasie van geluide
en kakofonie van geraas
word mengsel
van diskordante klanke
wat onwelluidend
my uit droom en inspirasie
skel verjaag

dat alles om my
in ongelyke stukke splinterbreek
in grepe van pablo neruda
se 'fractures of the night'

wonder al wat digter is
oor waarheid
oor liefde
oor harmonie
en die sin van ondermaanse bestaan

en as alles
soos die wind
stil gaan lê
metafore slim-verbeeld
eerbiedig voor die pen
soos voor konings
kniel
selfs verbaal-teatraal
lewe kry
in die onderskeidende semantiek
van taal

resoneer soms
net (kort na twaalf)
'n enkel blafgeluid
soos 'n hond-sonder-baas
eensaam
teen skadu's van donkermane huil

breek die wete
vir jou wat digter is
en wonder waar nuwe frases skuil
helder in eureka-oomblik deur:

as honde nie meer blaf
is die heelal nie meer héél

mag daar dalk stilte wees
maar dalk ook niemand meer
wat voluit lééf

of by sagte lig of kers
verse skryf

of boeke lees

View user profile http://splinterdrome.poeticforum.com

2 Re: as honde nie meer blaf on Tue Nov 15, 2011 11:37 am

ek dink partymaal ek kan dig of selfs skryf, dan kom staan ek aan die woord moeder se voete en weet ek het groot groot ikoon om te probeer inhaal,..

View user profile

3 Re: as honde nie meer blaf on Wed Nov 16, 2011 11:32 am

pragtige nuutskeppings soos 'onwelluidend' en 'ondermaans' hammer die tema van die skeppende digter se soektog na nuwe frases wat skuil uit . Hierdie is vir my `n vers wat digterwees se essensie bitterlik mooi belig !

View user profile

Sponsored content


View previous topic View next topic Back to top  Message [Page 1 of 1]

Permissions in this forum:
You cannot reply to topics in this forum