SplinterDrome

Bring jou splinter drome in woorde ----- Turn you dream fragments into words

PLEASE NOTE ALL WORK ON THIS FORUM HAS NOW BEEN REGISTERED AT SAMBRO FOR COPYRIGHT ON ANY LYRICS THAT MIGHT BE USED IN MUSIC SCORES NEEM ASSEBLIEF KENNIS ALLE WERK OP DIE FORUM IS GEREGISTREER BY SAMBRO VIR KOPIEREG OP ALE VERSE OF DELE DAARVAN WAT MOONTLIK IN MUSIEK LIRIEKE AANGEWEND KAN WORD
Search
 
 

Display results as :
 


Rechercher Advanced Search

Keywords

Latest topics
» lewe,.. minaar of moordenaar
Fri Sep 21, 2012 11:37 am by Lala

» As..........................
Fri Sep 21, 2012 9:56 am by Ronel Holtz

» Lente van my siel
Fri Sep 21, 2012 12:41 am by Ronel Holtz

» Agtergeblewe Paradys
Sat Jul 14, 2012 10:44 am by Utopian Indigent

» tussen woorde
Sat Jul 14, 2012 7:54 am by Utopian Indigent

» Cinnamon heart
Sat Jul 14, 2012 7:54 am by Ronel Holtz

» Drome van Spanje
Sat Jul 14, 2012 7:51 am by Ronel Holtz

» stilte kwatryn
Thu Jul 12, 2012 9:31 am by Ronel Holtz

» van agteruit loop om vorentoe te kom
Thu Jul 12, 2012 9:28 am by Ronel Holtz

October 2017
MonTueWedThuFriSatSun
      1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031     

Calendar Calendar

Affiliates
free forum

Affiliates
free forum


You are not connected. Please login or register

Diere Kinders

View previous topic View next topic Go down  Message [Page 1 of 1]

1 Diere Kinders on Tue Nov 15, 2011 1:59 am

Ek lees weer vandag oor mense wat 'n baba hondjie so mishandel het dat hy dit nie gemaak het by die tyd wat hulp daar opgedaag het nie. Hoe doen mense sulke waalglike goed teen diere?

Ek weet almal kan nou nie diere liefhebbers wees nie maar he tog 'n hart! As jy nie weet hoe om na 'n troeteldier te kyk nie, moenie een kry nie!!!!

Ek het nie my eie troeteldier nie, my hondjie is ongelukkig so paar maande terug oorlede aan kanker, maar ek het wel my ou se hondjie, 'n baie groot Maltese (wat dink sy is 'n skoothond) - Noepie, so liefdevol soos n mensie. Dan is daar my ma se pragtige hondjie - Bella (ek noem haar Wurmpie) sy is 'n kruis tussen 'n Staffie, Foxterrier en 'n Franse Poodle - 'n regte dame! Sy het 'n kuif soos Alf en ek dink soms sy het rittelin nodig soos sy rondhardloop.

Dan is daar my pa se Jack Russel - Spanner! Slimkop meganikus hoor!!! En te pragtig vir woorde, al wat spanner wil he is 'n bietjie kossies, liefde en aandag, en 'n uitstappie na die garage...

Dan is daar die katjie van die huis - Scruffy (My boetie se kat) Sy hou van melk, voeltjies vang en in die pad le soos n vrou van die nag. Ou los kind!!! Maar sy is net te pragtig!

Ons het ook Hennie se vistenk, met Robin Hood (Die Archer vis), Sharky (Red tipped rainbow shark), die twee kribensis vissies( No name 1 en 2) En dan my twee gunstellinge - Hoover en Kirby ( Die twee pleco's).

Ek moet seker nie vergeet van die nuutste "troeteldiere" nie - Twee knopies wat hulle tuisgemaak het op ons agterstoep!!

Maar ja, diere is so 'n groot deel van my lewe dat ek dit regtig nie kan begryp as ek hoor van hoe sleg van hulle behandel word nie. Ek weet nie of dit is van onkunde nie maar wat se tipe persoon doen sulke goed!!!

As ek die geld gehad het, het ek elke diertjie op die aarde probeer red!
Hulle is tog immers ons wolkinders...

View user profile

2 Re: Diere Kinders on Tue Nov 15, 2011 2:10 am

God het hierdie wolkinders en al die ander diere op hierdie aarde gesit vir ons om oor te heers. 'Oor te heers' beteken om dit te versorg en na om te sien in alle aspekte. Net soos ons na ons ou mensies moet omsien, ons weerlose kinders beskerm, moet ons ook ons diere beskerm en liefhê. Diereliefhebber.

View user profile

3 Re: Diere Kinders on Tue Nov 15, 2011 4:58 am

Mens is die enigste van al die skeppings wat in staat gestel is om na die res om te sien of hulle te laat uit sterf,.. en net soos met elke ander deel van hierdie heelal behoort ons die twee goue reels te volg " do as thou wilt and harm none" and do unto others" ons het hierdie mag, en is ons voorreg en plig om na die wat nie kan nie om te sien! Ons, die arrogante mens het eerstens diere se habitat verwoes en tweedens hulle probeer " domesticate, daarvoor is dit n taak ons ons eie gemaak het om na diere en die hele skepping om te sien!! Simple rule, if you cant feed them DONT BREED THEM!!

View user profile

4 Diere Kinders on Wed Nov 16, 2011 11:08 am

My liefling kom ek verduidelik nou vir jou iets, die bybel se wat jy saai sal jy maai.Nou dit bedoel baie meer as net as jy 'n mieliepit plant gaan jy mielies kry!

Oupa Louis het saam al sy talente ook die gawe gehad om te kan verstaan wat die diere se.Hy kon bv. hoor aan 'n hond se blaf of hy benoud,beneuk of net eensaam is.Hy het my eendag op die plot geroep om te luister hoe die mossie vir sy vrou vra om te kom kyk na die smart nes wat hy gebou het vir haar.Die mossie wyfie was nie beindruk nie, en terwyl sy die nes moertoe pluk, baklei sy ook dat die spoeg spat met die mannetjie, oupa het gelag dat die trane rol, hy het elke skel woord en die mannetjie se verskooning verstaan.Hy my ook laat luister hoe roep hulle mekaar as hy vir hulle kos uitsit, en hoe waarsku hulle mekaar as daar gevaar is.Nou hy het altyd geglo diere gaan ook hemel toe, en as ons daar staan op oordeelsdag, gaan almal die diere verstaan, en paar mense gaan maar bra verlee daar staan en luister..

Ouma Kalie het ook altyd die gesegte gehad, as jy jou ma of pa mishandel of slaan, gaan jou hand by die graf uitkom .Nou dink net wat dit bedoel!!..die mense wat oumense so mishandel gaan soos graad een laaitjies lyk met 'n moerse piepie aan daar by oordeelsdag.

Kinders wat nie self kan besluit nie behoort aan die Here, en ek speel liewers met 'n warm sparkplug as wat ek met Sy besittings mors.

Wat jy saai sal jy maai. As jy Castrol Gtx gebruik gaan jy sludge kry,as jy retreads op jou Gti sit gaan jy jou gat sien, as jy met 'n Pick & Pay spanner werk gaan jy jou moer strip!!

Dis nie lekker om te sien en lees wat mense aan kinders, oumense of diere doen nie, maar hul beurt kom,hulle gaan ook oud word of 'n dud Opel koop waarvan hulle nie ontslae kan raak nie!

View user profile

5 Re: Diere Kinders on Wed Nov 16, 2011 11:16 am

nou ouboet ek weet dis nou deel van my jy nou nie baie like nie maar toe ma nog geleef het en pa al weg was het ek hom baie keer " gesien" na ma kyk, altyd voor haar kamer deur in lugmag step outs en met seun die foxterrier by hom,.. so ja ek glo daai ding wat jy se,..

View user profile

Sponsored content


View previous topic View next topic Back to top  Message [Page 1 of 1]

Permissions in this forum:
You cannot reply to topics in this forum