SplinterDrome

Bring jou splinter drome in woorde ----- Turn you dream fragments into words

PLEASE NOTE ALL WORK ON THIS FORUM HAS NOW BEEN REGISTERED AT SAMBRO FOR COPYRIGHT ON ANY LYRICS THAT MIGHT BE USED IN MUSIC SCORES NEEM ASSEBLIEF KENNIS ALLE WERK OP DIE FORUM IS GEREGISTREER BY SAMBRO VIR KOPIEREG OP ALE VERSE OF DELE DAARVAN WAT MOONTLIK IN MUSIEK LIRIEKE AANGEWEND KAN WORD
Search
 
 

Display results as :
 


Rechercher Advanced Search

Keywords

Latest topics
» lewe,.. minaar of moordenaar
Fri Sep 21, 2012 11:37 am by Lala

» As..........................
Fri Sep 21, 2012 9:56 am by Ronel Holtz

» Lente van my siel
Fri Sep 21, 2012 12:41 am by Ronel Holtz

» Agtergeblewe Paradys
Sat Jul 14, 2012 10:44 am by Utopian Indigent

» tussen woorde
Sat Jul 14, 2012 7:54 am by Utopian Indigent

» Cinnamon heart
Sat Jul 14, 2012 7:54 am by Ronel Holtz

» Drome van Spanje
Sat Jul 14, 2012 7:51 am by Ronel Holtz

» stilte kwatryn
Thu Jul 12, 2012 9:31 am by Ronel Holtz

» van agteruit loop om vorentoe te kom
Thu Jul 12, 2012 9:28 am by Ronel Holtz

October 2017
MonTueWedThuFriSatSun
      1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031     

Calendar Calendar

Affiliates
free forum

Affiliates
free forum


You are not connected. Please login or register

Karre in my lewe

View previous topic View next topic Go down  Message [Page 1 of 1]

1 Karre in my lewe on Mon Nov 14, 2011 11:06 am

Nou soos almal behoort te weet, word 'n mens se smaak of voorliefde vir 'n sekere kar deur jou ouers bepaal. Kom ek verduidelik, as kind het ek in die Hervormde kerk groot geword.Oupa Ampie was hoof ouderling en skriba, het sondae saam met hom en ouma Kalie kerk toe gegaan, oupa in sy swart pak, wit hemp en das,met swart skoene wat James,die tuinhulp gepoets het met Kiwi en spoeg dat jy jou waslap-cut haarstyl in oupa se skoene kon sien.Ouma Kalie ,sy was die kerk se koster, met 'n pers rok, hare en hoed,en ashes of roses wat jou asem wegslaan.En ek het altyd op die Holden premier se opvou armlening tussen hulle gesit, met 'n safari pak wat oupa vir my gekoop het by die Kooperasie se klere afdeling. Nou volgens oupa Ampie en dad,hy was diaken, was al die ander gelowe sektes.

Net so met die eerste verkiesing wat ek kan onthou, was jy of HNP of 'n SAP, daar was niks tussen in nie.

Nou met karre was dit dieselfde, jy was of 'n Chev of Ford man, die dat oupa 'n Holden gery het(Chev).Ongelukkig vir my was dad partykeer net dwars,hy het resies gejaag met 'n MG TC wat hy en oom Gert,dad se broer opgebou het. As pad kar het hy die spesiale Alfa,'nJuilia super ti, met die hand gebou deur die fabriek en kar no.7gehad.Dis die een wat ek en my dengbeeldige pel gemodify het! Nou die Alfa het dad by Dr Dawie Gouws in Pretoria gekoop.Die Alfa net 'n supercharger opgehad en was op daai stadium een van die vinnigste 1300 produksie motors op die pad.

Nou na die Alfa het dad besluit om 'n nuwe ford Tanus v4 te koop, een van die min kere dat ek vir moeks kwaad gesien het, die kar was seker op 'n Maandag gebou toe al die fabriekswerkers babelas was, alles wat kon ingee het dit sommer so twee keer op 'n slag gedoen.

Oom Gert, dad se jongerbroer,het so maroen beetle vir 'n bargain by Ds.Coetzee gekoop, hy en dad het toe besluit om gelykop te ruil,snaaks genoeg het die ford Tanus toe nooit weer probleme gegee nie, seker maar alles uitgesort teen daai tyd.Dad wat 'n skelm neo- natzi was, het vir oom Gert vertel dat Hitler die beetles so ontverp het dat as jy die agter wiele opjack, die beetle in 3de rat sit en opref tot 35myl/uur,die VW embleem op die wieldop soos 'n swartstika lyk, as dit nie gebeur nie is die beetle nie eg nie.Blykbaar het oom Gert 'n hele tenk petrol op geref en tot die slotsom gekom die beetle is vals.Nou soos almal wat die ou volksies ken sal weet, die beetle se speedo werk van die linker voorwiel af.

Na die beetle het dad 'n volksie 1500 variant gekoop,teen daai tyd het ons ook 'n peugot 304 bakkie gehad en op die plotte buite Potgietersrus gebly.Dad was 'n elektriesen by die kroom myne en het deeltyds geboer met varke,Saam met dad het daar 'n oom Willem gewerk, hy het met Landras varke geboer,dad het erens 3 spekvark soe geruil vir 'n ou waterpomp en het besluit om een van oom Willem se landras bere te koop om 'n krystelery van varke te begin.

Die aand na werk se dad ek moet die volksie se agterseat uithaal en 'n lee lusern sak in te sit. Blykbaar het oom Willem gese ons moet net 'n sak saambring om die vark in te sit. Ons sou die Peugot bakkie gebruik het, maar die waterpomp se Lister engine was op die koffie, so ons het 'n kaal rim links agter opgesit, die as op 'n bokkie, met 'n belt van die kaal rim wat die waterpomp aandryf.In top gear teen idle het daai bakkie lekker water gepomp!Ek en dad is toe in die volksie na oom Willem toe, ek was so standerd 3 as ek reg kon onthou,by oom Willem aangekom, kon daai landras vark nie eens in 3 lusernsakke pas nie, gin jong vark nie,maar een volgroeide,bedonderde beer vark. Met 'n helse gestoei het ons die vark agterin gekry, en vat die pad terug huis toe.

So halfpad besluit Willem(naam wat ons die vark gegee het) dat hy wil kom kyk hoe dad dit regkry om die volksie op die pad te hou.As standerd 3 laaitjie was ek nie mans genoeg om die moerse vark te beheer nie, dad gee toe vir my die wiel en se ek moet maar kalm ry, hy en Willem gaan agter sit.Julle moet verstaan, dad was 'n ambagsman wat elke dag hard gewerk het, so hy het 'n paar voorarms gehad wat soos popeye sn gelyk het. Hoe harder dad hom vashou en probeer kalm hou, hoe meer skree die vark"BRIEK!!!BRIEK!!"Met 'n gesukkel en gestoei en 'n vark wat skree het ons eindelik by die huis gekom.

Moeks het eers die volgende dag uitgevind dat Willem twee brandmerke op sy linker bout gehad het.Weereens, die van julle wat volksies ken sal dadelik besef wat gebeur het, die battery sit onder die agter sitplek, dus hoe meer dad die vark probeer vasdruk, hoe harder druk hy hom op die battery se pole ,die laat hy wou he ek moet briek!

Ok nou weet julle hoekom ek van Volkswagens hou, gaan nog eendag met Rooies,my rooi Golfie kyk of daai swartstika storie nie tog waar is nie.

View user profile

2 Re: Karre in my lewe on Mon Nov 14, 2011 11:26 am

lagggggggggggggggggggggggg oo vader land!! Plaaitjies jy so aanhou kan ek volgende jaar jou en dad se boek saam uit gee- Louis Likkewaan en Plaaitjies oppie Plaas!! PUIK STUK!!

View user profile

3 Re: Karre in my lewe on Mon Nov 14, 2011 11:37 am

Besoeker


Guest
Ek het dit nou baie geniet, sal maar Audi fan bly...gepraat van ander gelowe wat sektes is....dan sou hy my die 'happy clappy genoem het hehehehe

4 Re: Karre in my lewe on Mon Nov 14, 2011 11:39 am

o ja beslis!! en my n heiden,.. soek jy 'n fizzpop huh poplap?

View user profile

Sponsored content


View previous topic View next topic Back to top  Message [Page 1 of 1]

Permissions in this forum:
You cannot reply to topics in this forum