SplinterDrome

Bring jou splinter drome in woorde ----- Turn you dream fragments into words

PLEASE NOTE ALL WORK ON THIS FORUM HAS NOW BEEN REGISTERED AT SAMBRO FOR COPYRIGHT ON ANY LYRICS THAT MIGHT BE USED IN MUSIC SCORES NEEM ASSEBLIEF KENNIS ALLE WERK OP DIE FORUM IS GEREGISTREER BY SAMBRO VIR KOPIEREG OP ALE VERSE OF DELE DAARVAN WAT MOONTLIK IN MUSIEK LIRIEKE AANGEWEND KAN WORD
Search
 
 

Display results as :
 


Rechercher Advanced Search

Keywords

Latest topics
» lewe,.. minaar of moordenaar
Fri Sep 21, 2012 11:37 am by Lala

» As..........................
Fri Sep 21, 2012 9:56 am by Ronel Holtz

» Lente van my siel
Fri Sep 21, 2012 12:41 am by Ronel Holtz

» Agtergeblewe Paradys
Sat Jul 14, 2012 10:44 am by Utopian Indigent

» tussen woorde
Sat Jul 14, 2012 7:54 am by Utopian Indigent

» Cinnamon heart
Sat Jul 14, 2012 7:54 am by Ronel Holtz

» Drome van Spanje
Sat Jul 14, 2012 7:51 am by Ronel Holtz

» stilte kwatryn
Thu Jul 12, 2012 9:31 am by Ronel Holtz

» van agteruit loop om vorentoe te kom
Thu Jul 12, 2012 9:28 am by Ronel Holtz

October 2017
MonTueWedThuFriSatSun
      1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031     

Calendar Calendar

Affiliates
free forum

Affiliates
free forum


You are not connected. Please login or register

suiwer taal gebruik.

View previous topic View next topic Go down  Message [Page 1 of 1]

1 suiwer taal gebruik. on Sun Nov 13, 2011 10:16 am

Ek is bevooreg om in die Wes Kaap te bly, Kraaifontein om presies te wees.Nou om vir al die uitlanders wat nie in die Wes Kaap bly nie, Kraaifontein is so halfpad tussen Kaapstad en die Perel (daar waar die Taal monument staan). Nou hoe verder suid mens gaan van Kraaifontein , hoe meer brits word die mense, en hoe meer suid mens gaan na Perel hoe suiwerder word die Afrikaans. Nou die punt van hierdie omslagtige veduideliking is dat my taal kundigheid ook so tussen in is, hoop julle verstaan!?

Kraaifontein is ook die mekka van alle soorte karre en mense wat met hulle sukkel en smokkel, ons het ook 'n stockcar baan, 'n voorvereiste vir enige ordentlike kar mal gemeenskap.

Nou wil ek net graag 'n paar vrae stel aan al die taalkudiges, en die mense wat so pynlik suiwer Afrikaans praat:

as 'n klient nou na my toe kom en kla dat sy motor moeilik aansit in die oggende, hoe moet ek veduidelik?

As ek nou vir hom se sy knormoer is gedaan, gaan hy my dalk moer met my vrou se nuwe torquewrench,dinkende dat ek van sy vrou praat of spanner gaan begin grom en die ongewensde werksoeker jaag!

Maar as ek vir hom se sy starter is op die koffie, weet hy dadelik dit gaan hom 'n paar rand kos, baie duideliker!

Nou die torquewrench wat ek vir my vrou gekoop het: dit is 'n spesiale stuk gereedskap waarmee mense boute en moere tot op 'n gegewe wringkrag vas draai, bv. die silinderkop se pakstuk se boute, hulle moet almal op 'n voorgeskrewe manier en hoeveelheid wringkrag vas gedraai word .Nou wat sal mens die stuk presisie gereedskap noem??"'n Verstelbaare wringkrag moer sleutel?"Die tappet koppe wat stockcar ry sal dink ek net Nos gesnyf!! Dis 'n torquewrench! selfs spanner weet wat dit is!

'n Pakstuk....? cylinderhead gasket klink net of hy beter gaan werk en goedkoper sal wees!

Silinderkop, die slams by die blouwinkel sal dink ek spot met sy lang gesig of botterbakkie wat hy moskee toe dra op sy kop vrydae.

Piston. as ek vrae vir 'n suier, by dieselfde slam?? shit wil nie eens dink wat sy aandwoord gaan wees nie!

Waaierband kan dalk nog werk vir 'n fanbelt, maar wat sal 'n cambelt wees?Oorhoofse nokas aandrywings belt?Die valves het lankal die pistons geslaan as ek so ding probeer uitspreek en verduidelik daar by Masterparts!

So kan ons aangaan, alternator, diff,fuses, radiator cap, bonnet(engine kap klink of die ding bearings slaan)Spotlights,side skirts(beide 'n vereiste saam met mags hier by ons)

As ek by Hi fi corp of die pawnshop vra vir ses by neges, gaan ek definities 'n kyk kry asof my headlights gefuse het!

Al wat ek probeer verduidelik is dat suiwer Afrikaans pragtig is, en ek dit met smaak lees en aanhoor, maar ons tappetkoppe kan dit nie produktief gebruik nie,So verskoon maar die anglisismes, engelse woorde en die swaar woorde so nou en dan!

View user profile

2 Re: suiwer taal gebruik. on Sun Nov 13, 2011 7:32 pm

verstaanbaar Plaatjies ... maar of dit verskoonbaar is is twyfelagtig ! Taalimperialisme - soos wat engels dit beoffen - word nie op forums gebreek/weerlê nie , maar in die omgangstaal ; Ek het ondervind dat dit net een of tweekeer snaakse reaksie uitlok , totdat jy die betekenis verduidelik het , en dan word dit geredelik oorgeneem . Maar dan moet ek byse dat dit in `n geslote produksieopset was, en nie by `n publieke verkoopsplek nie - dis natuurlik moeiliker ....

View user profile

3 Re: suiwer taal gebruik. on Mon Nov 14, 2011 3:25 am

lag ek nou weer vreeslik!! veral aangesien ek self lank in harde ware bedryf was en geen verkope maar heelwat skewe kyke gekry het toe ek van n 13 mm grypkop op n Bosh elektriese boor!!

View user profile

4 Re: suiwer taal gebruik. on Mon Nov 14, 2011 4:10 am

Hahaha!!!! O lekker lag ek nou!!! Wag in spanning vir pappa se volgende skrywe.

View user profile

5 Re: suiwer taal gebruik. on Mon Nov 14, 2011 8:38 am

Denise jou pa het beslis versteekte talent, ek het vir die IT ou probeer verduidelik vandag my werkstasie wil nie aansluit by die bedienings netwerk nie, en dat dit my produktiwiteit nadelig beinvloed,..hy het gedink ek is gerook!! toe se ek vir hom hey boet my pc willie aan log oppie server en my baas gaa my fire ek nie my werk klaar kry!! toe verstaan almal daar 'n probleem!!

View user profile

6 Re: suiwer taal gebruik. on Mon Nov 14, 2011 10:45 am

Hoe lekker het ek nou gelag!!
Omdat ek self my lewe lank 'n paart-taaim mikêniek is, verstaan ek presies waarvan jy praat, Plaatjies!
Ek is redelik ergonomies en energie-besparend ingestel en dis vir my beter om 'n kort alom-verstaande term te gebruik as 'n ellelange, meestal nie-verstaande term, plus nog 'n verduideliking ... selfs aan die afrikaans-erge mense!
Dis vir my nes die politikus wat groot woorde gebruik sodat ander nie kan agterkom hy weet nie eintlik waarvan hy praat nie ;-))
As jy met jou hande daar doer in 'n enjin staan waar die exhaust jou blase brand, praat jy die taal wat die kletterkop langs jou kan verstaan waar om te help!

View user profile

7 Re: suiwer taal gebruik. on Mon Nov 14, 2011 10:50 am

oiiiii Corvus lag ek nou!! " kletterkop" daardie is n pricelss word!! Ergste is ek het jou en plaaitjies al altwee gesien goed mikeniek!!!

View user profile

8 thx corvus on Mon Nov 14, 2011 11:13 am

Laaik daai kletterkop,dis mos die box wat alles weet,kommentaar lewer,en jou in die rooi in rev!!

View user profile

9 Re: suiwer taal gebruik. on Mon Nov 14, 2011 11:38 am

izzzit?? kyk waar Corvus hy moet weet

View user profile

Sponsored content


View previous topic View next topic Back to top  Message [Page 1 of 1]

Permissions in this forum:
You cannot reply to topics in this forum