SplinterDrome

Bring jou splinter drome in woorde ----- Turn you dream fragments into words

PLEASE NOTE ALL WORK ON THIS FORUM HAS NOW BEEN REGISTERED AT SAMBRO FOR COPYRIGHT ON ANY LYRICS THAT MIGHT BE USED IN MUSIC SCORES NEEM ASSEBLIEF KENNIS ALLE WERK OP DIE FORUM IS GEREGISTREER BY SAMBRO VIR KOPIEREG OP ALE VERSE OF DELE DAARVAN WAT MOONTLIK IN MUSIEK LIRIEKE AANGEWEND KAN WORD
Search
 
 

Display results as :
 


Rechercher Advanced Search

Keywords

vers  gedigte  

Latest topics
» lewe,.. minaar of moordenaar
Fri Sep 21, 2012 11:37 am by Lala

» As..........................
Fri Sep 21, 2012 9:56 am by Ronel Holtz

» Lente van my siel
Fri Sep 21, 2012 12:41 am by Ronel Holtz

» Agtergeblewe Paradys
Sat Jul 14, 2012 10:44 am by Utopian Indigent

» tussen woorde
Sat Jul 14, 2012 7:54 am by Utopian Indigent

» Cinnamon heart
Sat Jul 14, 2012 7:54 am by Ronel Holtz

» Drome van Spanje
Sat Jul 14, 2012 7:51 am by Ronel Holtz

» stilte kwatryn
Thu Jul 12, 2012 9:31 am by Ronel Holtz

» van agteruit loop om vorentoe te kom
Thu Jul 12, 2012 9:28 am by Ronel Holtz

December 2017
MonTueWedThuFriSatSun
    123
45678910
11121314151617
18192021222324
25262728293031

Calendar Calendar

Affiliates
free forum

Affiliates
free forum


You are not connected. Please login or register

The 'forgotten ones'

View previous topic View next topic Go down  Message [Page 1 of 1]

1 The 'forgotten ones' on Fri Nov 11, 2011 7:54 am

Ek is seker n paar van my "mede- kolega's" kan hierdie ervaring met my deel...
Na n lang stresvolle gevleg deur die verkeer kom jy tot stilstand by die adress, sit ligte af, skryf kilo's en tyd. Dan kyk jy op... Op die stoeppe sit talle 'grys koppe' en staar voor hul uit. Ouma sit op n bankie langs n blombedding en ontdek vir die 'eerste keer' blomme! n Paar ander dwaal oor die grasperke met loopringe doelloos rond.

Jy en jou partner laai alles op die bed en loop haastig na die voordeur... Hy kraak met die oopmaak slag en die reuk van kookkos hang in die lug... Jul loop in die lang beknopte gange af opsoek na n verpleegster, wat jy uiteindelik opspoor in die teekamer besig om haar kos te eet op haar 9de rugwerwel met voette op die tafel...

Nadat sy haar 'olie hande' rustig op haar tyd klaar gewas het stap sy sleepvoetterig na n kamerdeur... Die volgende woorde volg... Eish the patient she is not feeling very well, I don't know what is wrong!

Jy maak die deur oop en dit voel of iemand jou met n vuis in die maag slaan!!! Daar le n uitgeteerde klein lyfie op n staal bed in n kamertjie niks grooter as my badkamer. Dadelik merk jy al die 'family foto's' teen die mure en die klein bedkassie op... maar heel duidelik het al daai mense lankal van die klein gryskop lyfie vergeet!

Jy kniel saggies langs die bed en vat nog meer saggies aan ouma se skouer... Sy kyk op en jy staar in 2 dowwe paar oe in... Oumatjie wat is fout? Geen antwoord volg, waarop ek se ouma moenie worry nie ons gaan vir ouma mooi help en dan is ouma sommer gou-gou weer beter... Met die dowwe oe wat nogsteeds in joune staar sien jy n klein glimlaggie form op die pragtige ou geplooide gisiggie.

... En na elkeen van hierdie calls dink ek by my self... Here mag ek asb NOOIT een wees van die 'fotgotten one's'!

View user profile

2 Re: The 'forgotten ones' on Fri Nov 11, 2011 8:14 am

huil ek nou weer dat die snot en trane spat, so paar maande gelede het 'n vriend my genooi na n klein pret funksie wat hulle gereel het vir die oumense (ek haat die woord oumensies) in die Louis Trichard tehuis in Danville!! my hart het gebreek en toe nog gebreek en weer gebreek!! Die tehuis sorg so goed hul kan vir die oumense en daar nie fout te vind met die personeel! Maar soveel armoede, soveel verlange na iemand om lief te he, daardie ou mense se dankbaarheid as iemand net vir n middag vir hulle lief wil wees, die absolute dankbaarheid vir n buisie tande pasta en n koekie seep!! My hart het oor en oor gebreek, hoe kan iemand enige mens met 'n hart sy kosbare oumense so weg gooi, nie eens 'n ma of tante die torts gee van ordentlike seep en sjampoe en n ou lekker ruik dingetjie, hoe kan jy jou lewe elke dag lei, jou gesin vanaand aan n tafel sit as jy nie eens weet of jou pa vandag genoeg geeet het nie!! In huis Louis Trichard doen personeel hul bes met die patetiese min geld wat tot hul beskiking is aangesien staats subsidies feitlik nul is!! Dankie vir hierdie puik stuk Raven!! As daar meer mense soos julle in ons strate was was ons wereld dalk 'n beter plek!!

View user profile

3 Re: The 'forgotten ones' on Mon Nov 14, 2011 7:19 am

Raven...die stuk het my hart geraak, en ja jou "mede kolegas"deel die gevoel met jou..dit is n vreeslike gevoel om by so kamertjie in te stap en so iets te sien...maar dan moet ons ook weer onthou nie al die mensies is so gelukkig om eintlik in n tehuis te kom nie...ek het so maand terug n oproep gekry van saps wat se ek moet n lyk kom dood verklaar...toe ek by die 2de van die 3vloere van die woonstel blok kom toe kry ek al daai reukie...ek het maar my masker aan gesit wat forensies vir my gee,ingestap,rond gekyk,voor my staan n bank wat so verlep is met 'n "shopping bag" met 2 brode en n blikkie "bully beef"..loop na die 2de van die 3 vertrekkies sien die bed en sien die polisie vrou wat my gebel het op haar kniee langs die bed...toe ek om loop sien ek n uitgeteerde lyk van 'n ou oom...volgens die I D was hy 78...ek sal nou nie al die details gee nie,maar volgens die meisie wat 'n paar woonstelle af bly was die laaste keer wat iemand die oompie gesien het 3weke voor daai dag...watse kind en kleinkind kom nie agter as n geliefde pa of oupa v 3weke net verdwyn?!

View user profile

4 Re: The 'forgotten ones' on Mon Nov 14, 2011 7:52 am

My hart breek!! Ons noem ons self 'n beskaafde land maar gooi die mense wat hierdie land gebou het, mense wat pleisters op ons einas geplak het en ons beskerm en versorg het weg!!

View user profile

Sponsored content


View previous topic View next topic Back to top  Message [Page 1 of 1]

Permissions in this forum:
You cannot reply to topics in this forum