SplinterDrome

Bring jou splinter drome in woorde ----- Turn you dream fragments into words

PLEASE NOTE ALL WORK ON THIS FORUM HAS NOW BEEN REGISTERED AT SAMBRO FOR COPYRIGHT ON ANY LYRICS THAT MIGHT BE USED IN MUSIC SCORES NEEM ASSEBLIEF KENNIS ALLE WERK OP DIE FORUM IS GEREGISTREER BY SAMBRO VIR KOPIEREG OP ALE VERSE OF DELE DAARVAN WAT MOONTLIK IN MUSIEK LIRIEKE AANGEWEND KAN WORD
Search
 
 

Display results as :
 


Rechercher Advanced Search

Keywords

Latest topics
» lewe,.. minaar of moordenaar
Fri Sep 21, 2012 11:37 am by Lala

» As..........................
Fri Sep 21, 2012 9:56 am by Ronel Holtz

» Lente van my siel
Fri Sep 21, 2012 12:41 am by Ronel Holtz

» Agtergeblewe Paradys
Sat Jul 14, 2012 10:44 am by Utopian Indigent

» tussen woorde
Sat Jul 14, 2012 7:54 am by Utopian Indigent

» Cinnamon heart
Sat Jul 14, 2012 7:54 am by Ronel Holtz

» Drome van Spanje
Sat Jul 14, 2012 7:51 am by Ronel Holtz

» stilte kwatryn
Thu Jul 12, 2012 9:31 am by Ronel Holtz

» van agteruit loop om vorentoe te kom
Thu Jul 12, 2012 9:28 am by Ronel Holtz

October 2017
MonTueWedThuFriSatSun
      1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031     

Calendar Calendar

Affiliates
free forum

Affiliates
free forum


You are not connected. Please login or register

Louis Likkewaan se verhale (Louis Holtzhausen 01-10-1933 - 30-09-2006 ) Rondomtalie op ‘n Riembreiklip.

View previous topic View next topic Go down  Message [Page 1 of 1]

Tant Essie met haar lang, rooi naels en Rand Club Major sigarette in ‘n lang steel houer en haar man, pa se jonger broer oom Koot met sy toom baard en Skotse keps het vir ons drie plaasjapies soos mense uit ‘n prentjieboek gelyk
Hulle kon vir my, Willempie en Mafoer net so wel van ‘n ander planeet af gekom het . Vir ons drie was die kuier in hulle groen speek wiel Rugby motorkar, gereeld onverwags en het ons hulle met gemengde gevoelens verwelkom. Die rede ; vir elkeen van ons was daar ‘n tiekie-blikkie kondensmelk, ‘n slêb en ‘n pakkie Assorted aan die een kant en Boetman, hulle enigste, aan die anderkant.

Boetman was ‘n jaar of wat ouer as ons en alles wat vir ons heilig en lekker was, het vir hom gestink.
Piet Baloi die swart plaas voorman was ook nie baie lief vir hom nie en ek het vas geglo dit was omdat Boetman omtrent net uit sproete, ore, elmboë en
knie-knoppe bestaan het. Sy stem kon ook op die onmoontlikste tye breek.

Gewoonlik is sy windbuks eers die volgende dag uitgepak en het hy geweet dat dié Falk Tagtig hom outomaties die kaptein van ons vier gemaak het; om net daarmee te mag korrel het ‘n man al bok-koors gegee.

Dié dag se ellende het begin toe hy ‘n tortelduif geskiet het dat die vere waai en ons die gekweste voël moes help soek. Onder een van die ou groot Kameeldoringbome was Piet Baloi besig om rieme te bry. Heel per toeval kom ons by hom uit die oomblik net toe hy die lang stok uitruk en die opgewende klomp rou rieme met ‘n gesuis al in die rondte begin afdraai. Hierdie keer was dit Boetman wat stom van verbasing die tollende klip wat onder aan ‘n bondel rou rieme , met ‘n oop mond staan en bekyk; skoon vergeet van die gekweste duif. Eers toe die spul al klappende afgewen is en na die teenoorgestelde kant toe begin draai. toe kry hy eers weer asem. ;

“ Haai ouens, ek like dit, hy’s nou wel baie kleiner as ons Merry go Round op die dorp maar hy draai enige tyd netso vinnig . Is dit julle s’n ? Hoekom maak julle nie ordentlike seats vir hom nie?”
Waar die gewoonlik stil Willempie dit vandaan gehaal het, weet ek tot vandag toe nog nie maar sy verduideliking het selfs vir my ook oortuig.
Voordat ek enigiets in verweer kon antwoord toe kap hy in en asof uit jare en jare se ondervinding;
“Seats is glad nie eens nodig nie. Brei-klipry en perdry sonder ‘n saal, is presies dieselfde; jy moet net saam beweeg en nie jouself teësit nie, beweeg jou lyf net saam. Ons ry gereeld en hoef maar net so af en toe vir Piet ‘n gunsie of twee te doen of selfs ietsie te betaal.”

Sy logiese verduideliking het my stom geslaan ; bloots perd en donkie-ry ja , maar nie een van ons het al ooit solank as wat ek kan onthou , daaraan gedink om op dié gevaarte te probeer ry nie !

. “Sal hy vir my skuld gee, ek het nou niks by my nie ? ”

In Sepedi verduidelik ek vir Piet dat die Boetman saam met die breiklip wil ry omdat hy later in Joburg moet gaan leer Flaaimasjien vlieg en selfs in die vakansie gereeld moet oefen. By die huis ry hy presies dieselfde affêre en betaal ‘n tiekie vir elke oefening .


Sonder meer haal ek die enigste sikspens wat ek skelms by tan Essie gekry het uit en gee dit vir Piet. Teësinnig kyk hy eers vir Boetman, dan vir die massiewe breiklip, dan vir sy sikspens en dan;.

“Ho lukile, namela mošjimane “ (Nou maar goed, klim op kêreltjie )
Boetman se paar lang knop knieg-bene strek meer as die lengte van die plat klip en Piet beduie dat hy sy bene effens moet terugtrek sodat hy die opwentoller deur die boog-dwarshout wat aan die klip vasgemaak is, kan steek. Hulle maak so en daar gaan Piet, op sy tyd al in die rondte en Boetman kyk minagtend so af en toe na ons kant toe.
Piet het net een keer gemaan dat Boetman versigtig moet wees om nie sy vingers, wat hy inmekaar om die bos rieme gesluit het, in die rieme verstrengel te kry nie. Piet draai die bos rieme totdat die opwen-knope bo teen die oorhangtakke raak en dan met ‘n “Tswara mošjimane !” (houvas kêreltjie!) pluk hy die opwen-paal uit.

Volgens Tweede Wêreld Oorlog matrose wat die aanval oorleef het, het die Japanese Matahari’s ook sulke brullende gille laat hoor die oomblik voordat hulle saam met hulle Zero Sen’s die ewigheid in is.

Wat binne sekondes afgespeel het, het vir my soos ‘n ewigheid gevoel. Al wat in my geheue ingebrand is, is dat Boetman blykbaar hier halfpad onder toe en op vol spoed , van alle vloeistof wat binne hom was, op ons omstanders ontslae geraak het. Êrens in die proses moes sy hande losgekom het en is hy al brul-gillend net-net bokant ons verby om agter ons met ‘n dowwe slag tussen die bossies te lande te kom.
. ( Mafoer het egter gereken geen mens het so baie vloeistof net in sy blaas nie.)
Ons drie kon nie vir Boetman ‘op die been kry’ nie; sy ledemate was so los en onbeheerbaar soos ‘n lappop s’n.
Piet het op sy stil manier sy werk weer hervat en net so sydelings na ons gespook en gespartel gekyk. Boetman het homself doofstom geval. Met niks siende skeel oë het hy blykbaar probeer om op iets of iemand so ‘n meter of so agter verby my te fokus. Ons moes hom die hele ent tot onder by die spruit dra-sleep om hom daar te probeer bykry. Eers nadat ons onsself afgewas het kon ons aan hom aandag gee. Teen dié tyd kon hy darem al hoorbaar hoesende, proesend spoeg en hygend-hortend asem haal .

Terug by die huis met middag ete kon tant Essie nie verstaan waarom haar ‘Skapie ‘ so bleek was en nie eens één stukkie Makataan konfyt wou eet nie. Oom Koot se kommentaar was net dat die kêrel in elk geval te veel eet . Piet Baloi moes seker later vir Pa iets gefluister het want pa is saam met hom brei-boom toe en het daar seker Piet se kant van die storie gehoor. Later, met melktyd, het hy ons drie net so skuins met ‘n gemaak-ernstige gesig aangekyk maar met sy oë geskaterlag.
.

View user profile

View previous topic View next topic Back to top  Message [Page 1 of 1]

Permissions in this forum:
You cannot reply to topics in this forum