kruisbeen sit ons
nakend teenoor mekaar
jy kontoer my ken met jou duim nael
jou oë,
blaai deur my geheime verskuil agter blou groen irrise
soekend na die gees van my,
terwyl jy my van Spanje vertel
cherry sigaar rook hang soet in die lug
in ‘n ander kamer speel kitare…
jou mond vorm skilderye
van Valencia,.. asuurblou oseane,
jou vingers teken amandels verby my gesluierde staar
jou siel droom oor die stier vegters in Barcelona
maar vir nou,
bly jou hart
vannag by my
Ronel Holtz©

Calendar