ek verloor jou gereeld in Wolmerans straat
neon neem oor daar waar ek jou laat lê
en ek sweer die keer sal jy verbete soek,
nog voordat die vaal rivier sy koue nag mis skuins oor my kan strooi
prewel ek alreeds jou naam
en my" nooit weer" verdrink in maanlose kabbel water
ek gaan gesels nou so maar bietjie met God
so terwyl ek dan nou tot duskant Bloemfontein kan sien
en ek praat somaar maar net praat
want ek verstaan nie die verloor en dan weer loop vind
verstaan nie daai van partymaal sien en partymaal blind
ek gesels maar net so wyl die on- board movie enner geval geen klank het
die stemme in my kop is stil gesels
want Here jy weet ek verstaan dan min
van hierdie agter uitgeloop
om vorentoe te kom
geel streep gedagtes wyl ek na jou soek
want ek het jou alweer lat val
in Wolmerans straat straat al
net om te bly klou ver duskant die groot rivier

Calendar