Gebed van oumens en kind
Heer wonder ek o Heer
sou ek vergifnis kry
as stram kniee verskoning word
om nie op koue vloere te buig
as stram oumens hande
knobbel saam vou in gebed
hier o Heer waar ek dan
sonder eerbaar kniel
net sommaar op oumens manier
so biekie kom praat
Heer dit was in '69 gewees
toe kniee nog flink maar te haastig vir buig
dis reg Heer, die jaar toe ons republiek mos word
toe was vleis volop
en die kinders maar klein
was mooi jaar gewees daardie Heer
perskes so groot soos bazaar poedings,..
ja Heer skies vergeet ek weer
hoe kan ek nou so sondig hier voor U
so sonder om eens meer te knieel so
staan en lieg,
maar hulle was groot daardie jaar Heer
maar Heer praat ek myself skoons weg van my storie
die een waarom ek hier kom staan het nefens U
ek vra nie veel vandag Heer
ek is mos oud al mens
ek vra maar min
maar Heer, die kinders Heer
wat so verwaardeloos teen die trappe speel
die hyser mos al in die somer gebreek
Heer hou U hand vandag maar warm
oor die kinders sonder huis
in Sy Heer se winter
is maar al wat ek vra
wyl ek stil
my pap gaan eet,
krummel pap nie meer soos op die plaas
pap nietemin al het dit geen sout
ek se dankie Heer
Heer wonder ek o Heer
sou ek vergifnis kry
as stram kniee verskoning word
om nie op koue vloere te buig
as stram oumens hande
knobbel saam vou in gebed
hier o Heer waar ek dan
sonder eerbaar kniel
net sommaar op oumens manier
so biekie kom praat
Heer dit was in '69 gewees
toe kniee nog flink maar te haastig vir buig
dis reg Heer, die jaar toe ons republiek mos word
toe was vleis volop
en die kinders maar klein
was mooi jaar gewees daardie Heer
perskes so groot soos bazaar poedings,..
ja Heer skies vergeet ek weer
hoe kan ek nou so sondig hier voor U
so sonder om eens meer te knieel so
staan en lieg,
maar hulle was groot daardie jaar Heer
maar Heer praat ek myself skoons weg van my storie
die een waarom ek hier kom staan het nefens U
ek vra nie veel vandag Heer
ek is mos oud al mens
ek vra maar min
maar Heer, die kinders Heer
wat so verwaardeloos teen die trappe speel
die hyser mos al in die somer gebreek
Heer hou U hand vandag maar warm
oor die kinders sonder huis
in Sy Heer se winter
is maar al wat ek vra
wyl ek stil
my pap gaan eet,
krummel pap nie meer soos op die plaas
pap nietemin al het dit geen sout
ek se dankie Heer

Calendar

