sou ek dan ikonies moes sterf
my eie branders op 'n verlate kus moes soek
voordat al die stukke konglomerties allokeer
om van die splitsing te genees
alom teenwoordige gedeeltelike gees
in hart hawens op besoek-reg
slegs bemind,
maar tog vervangbaar
of is dit dalk moontlik
dat stukke mekaar vervreem
en nooit weer volkome
bemin of selfs te begeer kan word
dus laat dit die vraag
kan kern
gesplits, weer heg
om vir oulaas
kometies die nag te besonstraal dag?
vir oulaas
voor dit vaalgrys klip in woestynsand
stil in n landings graf
te bly lê?
my eie branders op 'n verlate kus moes soek
voordat al die stukke konglomerties allokeer
om van die splitsing te genees
alom teenwoordige gedeeltelike gees
in hart hawens op besoek-reg
slegs bemind,
maar tog vervangbaar
of is dit dalk moontlik
dat stukke mekaar vervreem
en nooit weer volkome
bemin of selfs te begeer kan word
dus laat dit die vraag
kan kern
gesplits, weer heg
om vir oulaas
kometies die nag te besonstraal dag?
vir oulaas
voor dit vaalgrys klip in woestynsand
stil in n landings graf
te bly lê?

Calendar

