nag se holtes word donker
waar in die verste hoek
in 'n pateet bondel weg kan kruip
hier waar dit so donker is
self skadu's lei aan hoogtevrees
hier mag ek fluister van bang
so bang realiteit druk my asem uit
nanag se holtes word blind-swart donker
wanneer ek jou naam prewel
om net weer my vuis in my mond te druk
anders
anders sal ek dalk histeries vir jou gil
anders sal die seer
die vrees wat my in onmag laat
saam my skadu's
in die duister klowe in tuimel
in iewers se verlede
het 'n engel,...
sy in stortreent my geroep
op Voortrekker straat se hoek
iewers toe
het 'n engel in verslete klere
met 'n bont hekel hoed
my 'n gawe gegee
om my gees in volle oorgawe
met die stukkend, en sterwend te deel
iewers toe
het ek dwaaslik geglimlag
trots op haar geskenk
toe nooit verstaan
hoe elke keer my aan repe skeur
ek het jou naam om my vuis
oor my stukkend lippe geprewel
want selfs my skaduwee lei aan hoogte vrees
hier in die donkerste hoek
die dal van doodskaduwee is geen dal
maar bliksems-kranse
ek wou histeries vir jou gil
"hou my vas
want ek gaan val"
op 'n hoek in Voortrekker straat
het ek en 'n engel sonder woorde
eenkeer gepraat

Calendar

