vir ‘n oomblik net stil
hande agter rug
jou woorde bekyk
soos blare in die wind
kaalvoet winter hakke
los geen spoor
nie eens bloed
o stil my winterkind
as more dalk ook vergaan
sal lente tog weer kom
kosmos sal weer oor heuwels pronk
o stil nou my winterkind
hande agter rug
jou woorde gevries
soos blare in die wind
fluister jy my winterkind
hande agter rug
jou woorde bekyk
soos blare in die wind
kaalvoet winter hakke
los geen spoor
nie eens bloed
o stil my winterkind
as more dalk ook vergaan
sal lente tog weer kom
kosmos sal weer oor heuwels pronk
o stil nou my winterkind
hande agter rug
jou woorde gevries
soos blare in die wind
fluister jy my winterkind

Calendar

