SplinterDrome

Bring jou splinter drome in woorde ----- Turn you dream fragments into words

PLEASE NOTE ALL WORK ON THIS FORUM HAS NOW BEEN REGISTERED AT SAMBRO FOR COPYRIGHT ON ANY LYRICS THAT MIGHT BE USED IN MUSIC SCORES NEEM ASSEBLIEF KENNIS ALLE WERK OP DIE FORUM IS GEREGISTREER BY SAMBRO VIR KOPIEREG OP ALE VERSE OF DELE DAARVAN WAT MOONTLIK IN MUSIEK LIRIEKE AANGEWEND KAN WORD
Search
 
 

Display results as :
 


Rechercher Advanced Search

Keywords

Latest topics
» lewe,.. minaar of moordenaar
Fri Sep 21, 2012 11:37 am by Lala

» As..........................
Fri Sep 21, 2012 9:56 am by Ronel Holtz

» Lente van my siel
Fri Sep 21, 2012 12:41 am by Ronel Holtz

» Agtergeblewe Paradys
Sat Jul 14, 2012 10:44 am by Utopian Indigent

» tussen woorde
Sat Jul 14, 2012 7:54 am by Utopian Indigent

» Cinnamon heart
Sat Jul 14, 2012 7:54 am by Ronel Holtz

» Drome van Spanje
Sat Jul 14, 2012 7:51 am by Ronel Holtz

» stilte kwatryn
Thu Jul 12, 2012 9:31 am by Ronel Holtz

» van agteruit loop om vorentoe te kom
Thu Jul 12, 2012 9:28 am by Ronel Holtz

October 2017
MonTueWedThuFriSatSun
      1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031     

Calendar Calendar

Affiliates
free forum

Affiliates
free forum


You are not connected. Please login or register

Fariseers

View previous topic View next topic Go down  Message [Page 1 of 1]

1 Fariseers on Thu Feb 23, 2012 5:02 pm

fariseers,
steeds na soveel eeue
verkondig hul waarheid op die plein
soos gistende suurdeeg
oordeel en profeteer hul dan
wys tereg en somaar hele arms swaai
na jou
en jou
en dade o so verdoem
kan hoofstuk en vers
jou jou sonde waar wys
in mooi versie
blom omraam
in sierskrif
oral oor
verkondig hulle die wegwysers na ewigheid
glimlag verheerlik
in wete van plekkie in die hemel
klaar gekoop
soos n vakansie by die see
elke oopbek siel hulle oes
nog een paaiment
elke sonde per daad of gedagte
numeries in volgorde
sou hul met n kartel woord versie
summier oordeel fel
maar val die gordyne op die vertoning
die teater ligte dof
hang hul togas en oordeelbaadtjie op
hak die groter as jy hoed op sy kapstok
dan kan hulle daar agter mure
en n ander man se garage deur
daar waar hul god se oe nie sien
n ander vrou se bo- en sommer-onder-kleed ook
wellustig verwyder
in sonde verorber
niemand sien sonde agter geslote deur
na ure kan hulle mos
jou verraai,
of jou naam verpand
hul rug op die wees en honger weg draai
niemand sien sonde in spits verkeer
as hul blinde boemelaars wegstamp
of jou verraai
fariseer
soos bier vrot gis jy
suurdeeg wrang
as jou lewe so mooi is
en jy se prys die heer
sonder jy eers sien
die mense jy op getrap het
na jou pad teen jou goudstad toring
of dalk,............
dalk is ek net verkeerd
miskien wie weet
is my idee van waarheid
eerbaarheid
opregtheid
en alles gee
dalk
is die balk in my eie oog
en jy godgekose
slimmer
wyser
dalk
net dalk
is ek
VERKEERD

View user profile

View previous topic View next topic Back to top  Message [Page 1 of 1]

Permissions in this forum:
You cannot reply to topics in this forum