SplinterDrome

Bring jou splinter drome in woorde ----- Turn you dream fragments into words

PLEASE NOTE ALL WORK ON THIS FORUM HAS NOW BEEN REGISTERED AT SAMBRO FOR COPYRIGHT ON ANY LYRICS THAT MIGHT BE USED IN MUSIC SCORES NEEM ASSEBLIEF KENNIS ALLE WERK OP DIE FORUM IS GEREGISTREER BY SAMBRO VIR KOPIEREG OP ALE VERSE OF DELE DAARVAN WAT MOONTLIK IN MUSIEK LIRIEKE AANGEWEND KAN WORD
Search
 
 

Display results as :
 


Rechercher Advanced Search

Keywords

vers  gedigte  

Latest topics
» lewe,.. minaar of moordenaar
Fri Sep 21, 2012 11:37 am by Lala

» As..........................
Fri Sep 21, 2012 9:56 am by Ronel Holtz

» Lente van my siel
Fri Sep 21, 2012 12:41 am by Ronel Holtz

» Agtergeblewe Paradys
Sat Jul 14, 2012 10:44 am by Utopian Indigent

» tussen woorde
Sat Jul 14, 2012 7:54 am by Utopian Indigent

» Cinnamon heart
Sat Jul 14, 2012 7:54 am by Ronel Holtz

» Drome van Spanje
Sat Jul 14, 2012 7:51 am by Ronel Holtz

» stilte kwatryn
Thu Jul 12, 2012 9:31 am by Ronel Holtz

» van agteruit loop om vorentoe te kom
Thu Jul 12, 2012 9:28 am by Ronel Holtz

December 2017
MonTueWedThuFriSatSun
    123
45678910
11121314151617
18192021222324
25262728293031

Calendar Calendar

Affiliates
free forum

Affiliates
free forum


You are not connected. Please login or register

'n Woordjie oor Louis likkewaan.

View previous topic View next topic Go down  Message [Page 1 of 1]

1 'n Woordjie oor Louis likkewaan. on Tue Nov 08, 2011 11:18 am

Voordat ons begin debateer, stry of skree op hierdie forum, wil ek net graag bietjie agtergrond gee van waar ek vandaan kom.

Louis likkewaan was my pa, 'n wonderlike mens met 'n hart so groot soos 'n Hi Ace super 16 taxi, As jy hom eers ontmoet het vergeet jy hom nooit, en maak nie saak waar hy is nie, 16min tops en hy is verlangs familie. Hy het sy bynaam gekry omdat hy 'n hoed gedra het soos Crocedile Dundee.Ons was net nie toegelaat om kurk proppe of black lable proppies met toutjies aan die hoed te hang nie, dad het nie gedrink nie, en was van plan om as burgermeester van Roossenekal te staan , Gelukkig het moeks 'n stokkie voor die burgermeester idee gesteek. Sy was 'n klein ,stil liefde volle mens, verskriklik kunstig, en het altyd haar sin gekry, al was dit met 'n ompad wat niemand agter gekom het nie.

Nou ek is die eers gebore seun, my ma se mooist en soetste kind, totdat Ronel 3jaar en 364 dae later gebore was,toe is ek net die soetste,totdat Jan Hendrik 7jaar en 328 dae daarna gebore is, toe is ek net die oudste,

Jan Hendrik is van ons drie die slimme, Ronel die kunstige een en ek net die oudste.Dad het altyd vertel dat daar olie op my doeke was,en as daar nie wiele aan was of dit gestrip kon word nie,, het ek nie belang gestel nie.Selfs my dengbeeldige pel was 'n mechanic, ek onthou one eerste private job, ons het dad se liefling kar,'n spesiale Alfa, ge panelbeat en ge body putty, moerse smaart job, alhoewel dad nie so gedink het nie, en as moeks nie my kant gevat het nie, glo ek was ek vandag nog 'n kwadrupleeg.Dis dalk hoekom ek nou nog nie van body putty hou nie.

Ek het as mooi en soet seun 'n Jack Russel gehad, Flenters,hy het sy naam gekry van my aan die olie doek uit moeilike situasies sleep. Flenters het pad gevat toe ek net die soetste geraak het,hy het seker nie kans gesien om na Ronel ook te kyk nie?

Noudat ek myself bekend gestel, as daar enige vra is, sal ek en Spanner,my jack russel wat help in die garage,probeer help.Solank dit wiele het of gestrip kan word,bygevoeg!

View user profile

2 Re: 'n Woordjie oor Louis likkewaan. on Tue Nov 08, 2011 11:43 am

hierdie is 'n kosbare skrywe ek het gelag maar ook gehuil!! o ja louis likkewaan se hoed is hier in my kas nog al die jare! Ek sal beslis al die neuk vrae oor karre na jou en spanner verwys dankie ouboet!!
(hehe ons die enigste forum met ons eie meganikus aan boord ons is nogal oulik ne?)

View user profile

3 Re: 'n Woordjie oor Louis likkewaan. on Tue Nov 08, 2011 12:12 pm

Mooi en lekker- solank niemand 'n spanner innie wiele gooi nie, is alles reg!Rolling Eyes

View user profile

4 Re: 'n Woordjie oor Louis likkewaan. on Tue Nov 08, 2011 10:46 pm

Dankie Plaatjies ; ek waardeer die lig wat jy so sydelings op Ronel en jouself gooi baie ... julle is `n formidabele famielie !

View user profile

5 Re: 'n Woordjie oor Louis likkewaan. on Thu Nov 10, 2011 2:45 am

Ai my liewe oom...dankie,ekt so deur die trane deur ook n bq gelag....my oupa(louis likkewaan)was wragtig die mens wat plaaitjies hier beskryf...en as ek dit kon doen sou ek hom veraltyd laat leef het!!

View user profile

6 Re: 'n Woordjie oor Louis likkewaan. on Thu Nov 10, 2011 2:59 am

hehe is oor jy nie raas gekry het toe jy sy Mercedes deur die hek reverse het nie!

View user profile

Sponsored content


View previous topic View next topic Back to top  Message [Page 1 of 1]

Permissions in this forum:
You cannot reply to topics in this forum