Skemer verhale
alreeds in my skemer jare
muteer ek deur geslagte heen
ontstaan uit papierlose planne
karakter loop teen my wange
stemme geëts in geverfde mure
my skatkis lê propvol erotika
Hollywood geink in elke kraak
elke regisseur se stille droom
kinder-poppespel hang in kaste
hul lag verweef in glas-fotorame
kraam-woordeskat loer uit gordyne
nou verorber deur die wyse wêreld
buite keep spore voetpaadjies
deur oeroue tuine van Babilon
boomjare kring almanakke
teen die bloedjonge son
deure kraak ‘n nuwe dag oop
vensters blink ‘n toekomsblik
my dagboek neutvars ‘n vervolg
skets môre se neon verhale
© WERNER WEHMEYER 2012
alreeds in my skemer jare
muteer ek deur geslagte heen
ontstaan uit papierlose planne
karakter loop teen my wange
stemme geëts in geverfde mure
my skatkis lê propvol erotika
Hollywood geink in elke kraak
elke regisseur se stille droom
kinder-poppespel hang in kaste
hul lag verweef in glas-fotorame
kraam-woordeskat loer uit gordyne
nou verorber deur die wyse wêreld
buite keep spore voetpaadjies
deur oeroue tuine van Babilon
boomjare kring almanakke
teen die bloedjonge son
deure kraak ‘n nuwe dag oop
vensters blink ‘n toekomsblik
my dagboek neutvars ‘n vervolg
skets môre se neon verhale
© WERNER WEHMEYER 2012

Calendar

