SplinterDrome

Bring jou splinter drome in woorde ----- Turn you dream fragments into words

PLEASE NOTE ALL WORK ON THIS FORUM HAS NOW BEEN REGISTERED AT SAMBRO FOR COPYRIGHT ON ANY LYRICS THAT MIGHT BE USED IN MUSIC SCORES NEEM ASSEBLIEF KENNIS ALLE WERK OP DIE FORUM IS GEREGISTREER BY SAMBRO VIR KOPIEREG OP ALE VERSE OF DELE DAARVAN WAT MOONTLIK IN MUSIEK LIRIEKE AANGEWEND KAN WORD
Search
 
 

Display results as :
 


Rechercher Advanced Search

Keywords

gedigte  vers  

Latest topics
» lewe,.. minaar of moordenaar
Fri Sep 21, 2012 11:37 am by Lala

» As..........................
Fri Sep 21, 2012 9:56 am by Ronel Holtz

» Lente van my siel
Fri Sep 21, 2012 12:41 am by Ronel Holtz

» Agtergeblewe Paradys
Sat Jul 14, 2012 10:44 am by Utopian Indigent

» tussen woorde
Sat Jul 14, 2012 7:54 am by Utopian Indigent

» Cinnamon heart
Sat Jul 14, 2012 7:54 am by Ronel Holtz

» Drome van Spanje
Sat Jul 14, 2012 7:51 am by Ronel Holtz

» stilte kwatryn
Thu Jul 12, 2012 9:31 am by Ronel Holtz

» van agteruit loop om vorentoe te kom
Thu Jul 12, 2012 9:28 am by Ronel Holtz

December 2017
MonTueWedThuFriSatSun
    123
45678910
11121314151617
18192021222324
25262728293031

Calendar Calendar

Affiliates
free forum

Affiliates
free forum


You are not connected. Please login or register

gebed om insig

View previous topic View next topic Go down  Message [Page 1 of 1]

1 gebed om insig on Tue Nov 08, 2011 9:59 am

my knieë, Here,

is nerf-af geskuur

van pleit en smeek

van dagbreek

tot bitternag se donker-uur

dis nie met eiewaan

dat ek kniel

in afwagting

dat U my tog tot ridder slaan

maar met gebed

dat U my oë

met laser seën

om te priem

deur elke son én winterreën

dat ek kan sien

as die misbank oor die see

tot teen my vensterruit

met bolling stu

dat ek deur vlae wind

en dwarreling

van baie roesbruin blare

steeds my pad kan vind

dat vlam, stoom en kool

van freatiese erupsie

of lawa van magmatiese vulkaan

my uitsig nie versper

soos die klammigheid

van ongestorte traan

want ek pleit, Here,

dat ek terwille van my naaste

ver moet kan sien

maar nie bo-oor hulle kyk

wat naby is

my liefhet

of nodig het

en deernis en begrip verdien

miskien is die formule

doodeenvoudig

maar wiskunde nie my forte

dus bid ek bloot om genoeg lig

dat my besluite

handeling

en oordeel

altyd sal getuig

van begrypende insig

View user profile

2 Re: gebed om insig on Tue Nov 08, 2011 10:08 am

Besoeker


Guest
sjoe M...ek hou van die gebed en kry heelwat insig by jou, dankie

3 Re: gebed om insig on Tue Nov 08, 2011 10:12 am

wat 'n pragtige gebed in nederigheid van so 'n besonder mens, soveel
van woord moeder se werk laat my sommer seer verlang na my pa, hy sou
woord moeder gek gepraat het!! Hy self was ook 'n skrywer maar eerder
van kortverhale. Hy sou u woorde almal om gedraai en gedraai het op sy
manier en elke een diamant bevind!

View user profile

4 Re: gebed om insig on Tue Nov 08, 2011 10:14 am

Baie dankie, Poplap, vir jou kommentaar - en miskien begin ons nou weer inbeweeg in 'n fase in wat ons werklik mekaar se werk kan dophou, opbouend kommentaar lewer, een GROEI!! GROETE, M:D

View user profile

5 Re: gebed om insig on Tue Nov 08, 2011 10:16 am

Besoeker


Guest
ek stem saam, seker dit kan so wees...dankie dat u ons vereer met u teenwoordigheid Moeder, ek praat nou namens myself...ek is so opgewonde om te leer, veral van ons taal

6 gebed om insig on Tue Nov 08, 2011 10:49 am

Baie dankie, Ronel, vir die verwelkoming en jou mooi woorde op my eerste plasing: ek het in hierdie drie maande eintlik min nuuts geskryf - maar as die atmosfeer weer reg is, sal die strofes weer rol.....Miskien moes alles nou maar eenmaal op so 'n besondere moeilike pad loop sodat 'n mens se insig weer skoon en helder soos môrelig kan wees... en wie weet, dat ander ook insig deur my en jou werk verwerf??? Who knows? Groete, M:P

View user profile

7 Re: gebed om insig on Tue Nov 08, 2011 10:54 am

baie lekker om jou hier te sien Marie - sommer weer met so `n sterk vers ...' ridder slaan' ; hoe edel is u gedagtes en ideale nie steeds nie . En jou 'misbanke' het al amper deel van my eie Muse se verskeining geword * glimlag *, soos hulle my in die verborgenheid van jo skeppende gees inlei !
Mag die seënwense wat jy teenoor Poplap uitgedruk het ons almal vrugbaar raak !

View user profile

8 Re: gebed om insig on Tue Nov 08, 2011 11:14 am

Hallo F!! Dankie vir die verwelkoming en mooi wense - ja, ons moet sommer regte spelling bo aan die lys van prioriteite sit! Ek het vinnig padgegee van die laaste plek af waar ek my weer vrek gewerk het vir volk en vaderland net om maar weer te beleef hoe hovaardig sommiges kan wees onder die dekmantel van 'Afrikaans'. Maar ek draai ook nou vinniger indringervoëls nek om!! Miskien, net miskien sal ons hier die skepe laat seil - in stormwind EN in windstilte - selfs in doldrums...? Groete, M

Mad

View user profile

9 Re: gebed om insig on Tue Nov 08, 2011 11:21 am

laggggg - jy steeds op jou spellingkruistog ? En wat van herken/erken confused ASB help skaamteloos met my spelling , want dit suig soos `n nuwe Kirby !

View user profile

10 gebed om insig on Tue Nov 08, 2011 11:25 am

Ja, jy mag lag! Maar dis waaroor die ander manne ons elke keer beledig ...so ons MOET daai deel regkry as ons wil êrenstig (lol) - rudi se spelling - as ons wil ernstig opgeneem word (en ek is nou eers kleinserig van ek uitgevind het S dink al twee jaar lank niks van my werk nie!! haha!

Cool

View user profile

11 Re: gebed om insig on Tue Nov 08, 2011 11:36 am

Jou werk is tops ... so bly jys hier om ons minder bekwames touwys te maak ! Ja , ek sien die ander 'kreatiewe ruimtes' duld veel twyfelagtighede ( vir maksimum ledetal ?) en dis werklik moeilik vir iemand wat ons taal lief het aldaar .

PS Jou foto is pragtig !

View user profile

Sponsored content


View previous topic View next topic Back to top  Message [Page 1 of 1]

Permissions in this forum:
You cannot reply to topics in this forum