SplinterDrome

Bring jou splinter drome in woorde ----- Turn you dream fragments into words

PLEASE NOTE ALL WORK ON THIS FORUM HAS NOW BEEN REGISTERED AT SAMBRO FOR COPYRIGHT ON ANY LYRICS THAT MIGHT BE USED IN MUSIC SCORES NEEM ASSEBLIEF KENNIS ALLE WERK OP DIE FORUM IS GEREGISTREER BY SAMBRO VIR KOPIEREG OP ALE VERSE OF DELE DAARVAN WAT MOONTLIK IN MUSIEK LIRIEKE AANGEWEND KAN WORD
Search
 
 

Display results as :
 


Rechercher Advanced Search

Keywords

gedigte  vers  

Latest topics
» lewe,.. minaar of moordenaar
Fri Sep 21, 2012 11:37 am by Lala

» As..........................
Fri Sep 21, 2012 9:56 am by Ronel Holtz

» Lente van my siel
Fri Sep 21, 2012 12:41 am by Ronel Holtz

» Agtergeblewe Paradys
Sat Jul 14, 2012 10:44 am by Utopian Indigent

» tussen woorde
Sat Jul 14, 2012 7:54 am by Utopian Indigent

» Cinnamon heart
Sat Jul 14, 2012 7:54 am by Ronel Holtz

» Drome van Spanje
Sat Jul 14, 2012 7:51 am by Ronel Holtz

» stilte kwatryn
Thu Jul 12, 2012 9:31 am by Ronel Holtz

» van agteruit loop om vorentoe te kom
Thu Jul 12, 2012 9:28 am by Ronel Holtz

December 2017
MonTueWedThuFriSatSun
    123
45678910
11121314151617
18192021222324
25262728293031

Calendar Calendar

Affiliates
free forum

Affiliates
free forum


You are not connected. Please login or register

Verkiesings beloftes

View previous topic View next topic Go down  Message [Page 1 of 1]

1 Verkiesings beloftes on Fri Jan 06, 2012 11:59 am

verveeld gedwaal in strate van boek~lose gesig
van uitdraai na wegdraai na gonnabaai
geen vars nuus hier
geen vars nuus daar
soos sampioene opgevlieg
vlenter blaaie vir gevleuelde woorde
trap tussen snot tissues
en gekreukelde woord deur
selfde skare wat meedoënloos kompeteer
gesiglose gepeupel se wense
(in geen spesifieke volgorde)
stenig die hoer
brand die heks
verkies donkerman tot president
(gee eers sy valstande en kaftan aan)
verkiesings beloftes van goddelikheid in hardeband
verveeld skop lee patroon doppies weg
Generaal Generaal ek kom jou dogter haal
My perd is opgesaal hier kom die man van staal
Generaal
generaal generaal maar is eintlik jou ek wil lief hê
solank jy niemand vertel
almal dink jy is net n pel
statig sit die oudste van isreal op haar stoep
om die maan dans
legimiet te bevel
hart skerwe lê gevaarlik skerp knie diep
jesus is n mexikaanse rocker
en prentjie boer die pope
ns: ten minste drie glo in jonker gees
sal hul ook in die branders tot bekendheid versyp,...
en nog paar sal in britse styl whiskey kratte vol bekendheid verwerf
die res, soos dekor betaam
hang in die bome rond
en sing hallal afrika
buite buite dans die felatio man ,
grasieus,in swanlake pirouette
kaal saam die fairies
op die noot van annie's song
‎...maar in die binnemure is dit gogga maak vir baby bang...
*(slotreel geskryf deur Lizette Snyman)
*ook gedeeltes van De La Rey De La Rey geleen,

View user profile

2 Re: Verkiesings beloftes on Sat Jan 07, 2012 3:10 am

KRAGVERS !!

Ek het nog nie oor so `n onverskrokke aanklag teen die gees in die kontemporêre skryfkuns afgekom nie . Hierdie vers sny genadeloos na die wortels van die gestruktureerde euwel van die verskillende forums wat daarvoor bestaan ; - as ek kan probeer om grondtemas uit te sonder wat die digster so moedig aanval : Luiheid ( om jouself OP TE LEI in die edele skryfkuns ) ; karakterloosheid ( om die massa se wil eerder as persoonlike oortuiging te volg ) ; demokrasie ( om die slymerige leunaar bo die leier te kies ) ; sku vir kultuur/geskiedenis ( homoseksuele minagting van natuurlike geslagtelikheid ? ) ..... en dan die ikone waarrondom of waartéén, die sogenaamde ' beginsels' hulleself nog pervers probeer regverdig Sad jesus ; Ingrid Jonker ; fearies ; die pous )

Wens so ek kon die verskillende draers - soos wat die skryfster hulle hierbo tippeer - verduidelik aan hand van hulle huidige kunstenaarsname , want ek dink baie lesers misken die erns van hierdie klagskrif , en die identiteit van die beskuldigdes.

Puik werk Ronel : Jy verdien `n leierstoel hiervoor ! xx

View user profile

3 Re: Verkiesings beloftes on Sat Jan 07, 2012 3:47 am

dankie kryger partymaal is dit nodig om die hart te suiwer met so n werk die steriotiperende gemor van die mense kan uit puttend raak

View user profile

Sponsored content


View previous topic View next topic Back to top  Message [Page 1 of 1]

Permissions in this forum:
You cannot reply to topics in this forum