SplinterDrome

Bring jou splinter drome in woorde ----- Turn you dream fragments into words

PLEASE NOTE ALL WORK ON THIS FORUM HAS NOW BEEN REGISTERED AT SAMBRO FOR COPYRIGHT ON ANY LYRICS THAT MIGHT BE USED IN MUSIC SCORES NEEM ASSEBLIEF KENNIS ALLE WERK OP DIE FORUM IS GEREGISTREER BY SAMBRO VIR KOPIEREG OP ALE VERSE OF DELE DAARVAN WAT MOONTLIK IN MUSIEK LIRIEKE AANGEWEND KAN WORD
Search
 
 

Display results as :
 


Rechercher Advanced Search

Keywords

Latest topics
» lewe,.. minaar of moordenaar
Fri Sep 21, 2012 11:37 am by Lala

» As..........................
Fri Sep 21, 2012 9:56 am by Ronel Holtz

» Lente van my siel
Fri Sep 21, 2012 12:41 am by Ronel Holtz

» Agtergeblewe Paradys
Sat Jul 14, 2012 10:44 am by Utopian Indigent

» tussen woorde
Sat Jul 14, 2012 7:54 am by Utopian Indigent

» Cinnamon heart
Sat Jul 14, 2012 7:54 am by Ronel Holtz

» Drome van Spanje
Sat Jul 14, 2012 7:51 am by Ronel Holtz

» stilte kwatryn
Thu Jul 12, 2012 9:31 am by Ronel Holtz

» van agteruit loop om vorentoe te kom
Thu Jul 12, 2012 9:28 am by Ronel Holtz

October 2017
MonTueWedThuFriSatSun
      1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031     

Calendar Calendar

Affiliates
free forum

Affiliates
free forum


You are not connected. Please login or register

Eva's Rib

View previous topic View next topic Go down  Message [Page 1 of 1]

1 Eva's Rib on Wed Jan 04, 2012 7:33 am

Vrug verwek
uit saad van passie
van liefde
van drang,
van ooreenkoms eons terug beklink
nou verweef
een wese
miljoen oomblikke al
een siel
tog twee aparte kosmosse,
het ek jou
so lank reeds al
onder my hart gedra
jou warm teen my eva’s rib
voel rek en strek!
Een asem
een aorta
een pols
in twee aparte kosmosse
gedeel.
Soms,
net soms
het jy stil geraak
dan het die skeurpyn
van ingewande wat uitskeur
minder vel geword
en kon ek amper vergeet
jy bult en groei
binne my.
Laat nag,
waneer tot die populier nie eens meer
maanlig skadu’s teen my mure gooi
het jy ontwaak
in my bekken holte ingekruip
en
jou teenwoordigheid
aangekondig,
in stilte so skel uitgegil
dat my ore daarvan bloei
het ek my siel
uit ons bloed gered
om te weet
ons is een
ons is ewig ge-siamees .
Ons is…
ek
en
jy
en jy sal
nooit
van my
eva- rib skei.
Jy sal my nooit verlaat
om my in vrede
te laat vrek!

View user profile

View previous topic View next topic Back to top  Message [Page 1 of 1]

Permissions in this forum:
You cannot reply to topics in this forum