SplinterDrome

Bring jou splinter drome in woorde ----- Turn you dream fragments into words

PLEASE NOTE ALL WORK ON THIS FORUM HAS NOW BEEN REGISTERED AT SAMBRO FOR COPYRIGHT ON ANY LYRICS THAT MIGHT BE USED IN MUSIC SCORES NEEM ASSEBLIEF KENNIS ALLE WERK OP DIE FORUM IS GEREGISTREER BY SAMBRO VIR KOPIEREG OP ALE VERSE OF DELE DAARVAN WAT MOONTLIK IN MUSIEK LIRIEKE AANGEWEND KAN WORD
Search
 
 

Display results as :
 


Rechercher Advanced Search

Keywords

vers  gedigte  

Latest topics
» lewe,.. minaar of moordenaar
Fri Sep 21, 2012 11:37 am by Lala

» As..........................
Fri Sep 21, 2012 9:56 am by Ronel Holtz

» Lente van my siel
Fri Sep 21, 2012 12:41 am by Ronel Holtz

» Agtergeblewe Paradys
Sat Jul 14, 2012 10:44 am by Utopian Indigent

» tussen woorde
Sat Jul 14, 2012 7:54 am by Utopian Indigent

» Cinnamon heart
Sat Jul 14, 2012 7:54 am by Ronel Holtz

» Drome van Spanje
Sat Jul 14, 2012 7:51 am by Ronel Holtz

» stilte kwatryn
Thu Jul 12, 2012 9:31 am by Ronel Holtz

» van agteruit loop om vorentoe te kom
Thu Jul 12, 2012 9:28 am by Ronel Holtz

December 2017
MonTueWedThuFriSatSun
    123
45678910
11121314151617
18192021222324
25262728293031

Calendar Calendar

Affiliates
free forum

Affiliates
free forum


You are not connected. Please login or register

DIE BITTER BEKER VAN SKEI

View previous topic View next topic Go down  Message [Page 1 of 1]

1 DIE BITTER BEKER VAN SKEI on Mon Jan 02, 2012 1:34 pm



Die wind waai koud saans. Die hane se kraai is al krakerig so vroeg in die oggend. Die verkleurde blare laat my dink aan die patroontjies op ‘n speelgoed windmeuletjie.
Die vroeë oggendluggie is dun as ek uitgaan om die pomp te gaan start. Die nat gras is bros tussen my tone- my bunions pyn. Terwyl ek oor die agterplaas kruipstap sien ek die verskalf en die poon….lyk of hulle ook huil... Tussen alles deur kyk ek darem of sy nie dragtig is nie.
Die begin van die herfs voorspel bitter koue. Hoe gaan ek ooit deur die winter kom? Ek is juis nie ‘n winter –mens nie. Pot- Blou- Koue is my voorland –dit weet ek. Ek gril - My binneste bewe…

My bed is al vir drie weke leeg. Daar is geen hoop dat sy sal terugkom nie – dit weet ek!

Die eensame dae gaan stadig verby as ek sawens die kaal koue huis binnestap. Bietjie skuinslê is ook nie meer lekker nie. Ek sit maar hier en dan daar. Selfs die koffie is bitter. Nog ‘n lepeltjie suiker help skaars. Spyt is te laat. Berou …? Wat help dit tog? As die aanhoudende pyn in my bors net wil weggaan!

Die kinders kom kuier die naweek. Wat de hel! Kom kuier by hulle eie huis! Hoe fokken siek! Het hulle nou nie meer ‘n huis nie? Sal maar later daaroor worry. Ek sal moet kreatief raak vir hulle onthalwe. Ek wil hulle nie verder ontstel nie….

In my futiele poging, bevind ek myself hewig ontsteld voor die foto’s in die gang, nadat hulle weg is. Ek weier om te tjank, terwyl groot druppels trane oor my wange rol…….ek onthou die dae toe ons geblom het. …toe ons soos twee stout kinders in die reën gewandel het. Toe ons kaalgat in die Mooirivier geswem het en ingelegte litchies gevreet het dat die wit vesel rondom ons gevrete vasklou... Toe ons in die ry wou soen en ons altwee ons nerwe afgeval het met die bicycles. Ek sak teen die gangmuur af, trek my hare met al my krag en gil op die top van my vermoeë: “HERE LAAT DIE BEKER BY MY VERBY!!! DIS BITTER HERE!!!

Maandag begin – op die oog af - soos elke ander dag. My skouers hang onwillekeurig as ek met lustelose groete – more – goeie more – aangeplak –vriendelik my kantoor binnesak. Ek voel oud. Dis die plek waar ek my binnekant kan wegsteek. Die omgewing is nie ontvanklik vir sissies nie. Hier kan ek my masker dra, sonder dat iemand – behalwe een of twee vertrouelinge – weet wat werklik aangaan….ek is skaam..

Die basuin het geblaas – toe ek uit selfsug – ‘n ander vrou te naby aan my toegelaat het. Hoeveel keer dan nou nog?! Was haar laaste uitroep. Verkeerde keuses word deur genade vergewe. Nie weer en weer nie!! was haar woorde…

HERE DEURGROND MY HART ASSEBLIEF!! RUK DIE KWAAD UIT HERE!!
EK MAAK MENSE SEER!!!
IS EK REGTIG SO SLEG?
My kruis gaan ek die keer dra, die weet ek. End –uit!
Al is die vers-kalf dragtig, gaan dit maar donners alleen wees die winter….

© 2011 - Kolaiah

View user profile

View previous topic View next topic Back to top  Message [Page 1 of 1]

Permissions in this forum:
You cannot reply to topics in this forum