SplinterDrome

Bring jou splinter drome in woorde ----- Turn you dream fragments into words

PLEASE NOTE ALL WORK ON THIS FORUM HAS NOW BEEN REGISTERED AT SAMBRO FOR COPYRIGHT ON ANY LYRICS THAT MIGHT BE USED IN MUSIC SCORES NEEM ASSEBLIEF KENNIS ALLE WERK OP DIE FORUM IS GEREGISTREER BY SAMBRO VIR KOPIEREG OP ALE VERSE OF DELE DAARVAN WAT MOONTLIK IN MUSIEK LIRIEKE AANGEWEND KAN WORD
Search
 
 

Display results as :
 


Rechercher Advanced Search

Keywords

Latest topics
» lewe,.. minaar of moordenaar
Fri Sep 21, 2012 11:37 am by Lala

» As..........................
Fri Sep 21, 2012 9:56 am by Ronel Holtz

» Lente van my siel
Fri Sep 21, 2012 12:41 am by Ronel Holtz

» Agtergeblewe Paradys
Sat Jul 14, 2012 10:44 am by Utopian Indigent

» tussen woorde
Sat Jul 14, 2012 7:54 am by Utopian Indigent

» Cinnamon heart
Sat Jul 14, 2012 7:54 am by Ronel Holtz

» Drome van Spanje
Sat Jul 14, 2012 7:51 am by Ronel Holtz

» stilte kwatryn
Thu Jul 12, 2012 9:31 am by Ronel Holtz

» van agteruit loop om vorentoe te kom
Thu Jul 12, 2012 9:28 am by Ronel Holtz

October 2017
MonTueWedThuFriSatSun
      1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031     

Calendar Calendar

Affiliates
free forum

Affiliates
free forum


You are not connected. Please login or register

KLEINTYD ONTHOU

View previous topic View next topic Go down  Message [Page 1 of 1]

1 KLEINTYD ONTHOU on Mon Jan 02, 2012 1:09 pm

Die dae toe ons kinders was
Die helder lug, berge, sand en gras
vroeg oggend koel – waar ons kaalvoet loop
Die reuk van ouma se campher en lennons se hoesstroop


Vroeg soggens met die haan se kraai
Ons met wit klippies en kettie gelaai
Rooidagbreek – silhouet van die ou kameeldoringboom
klim ons op teen die Korhanna berg se soom
Skaars oppad is ons tekkies dou -deur –nat
Met bladsak eetgoed waar ons die bergvoetpad vat


Saans as oupa aan tafel fluit
Kom almal nader om by hom aan te sluit
Ouma roep om boeke te vat
Sit al ons kleintjies- plat op die mat
Wanneer Oupa bid- bid hy hard
Vir Ouboetie, Niklaas en Jan
Vir Fikkie, Kola, Izak en ousus
Vir Pieta, kleinkind en Tjaart

My hart word teer - ek onthou die tye
Ouma se etes en tuisgemaakte lekkernye
Die reuk van moerkoffie en anysbeskuit
Word ‘n skatkis van herhinneringe oopgesluit

Die Kalahari stiltes- melkweg sterre in die nag
Sonbesies op ‘n wolklose dag

Gladde rivier klippies, kettie om die nek
Skiet ons kameeldoringpeule- dat dit trek

Waaigras, Raaigras en Kalahari sand

Dis die onthou wat binne my brand

View user profile

2 Re: KLEINTYD ONTHOU on Wed Jan 04, 2012 7:56 am

snaaks hoe kleintyd anders so nostalgiese verlange kan raak n prag gedig die ek verlang na duisend kleintyd dinge sommer so gelyk!!

View user profile

View previous topic View next topic Back to top  Message [Page 1 of 1]

Permissions in this forum:
You cannot reply to topics in this forum