SplinterDrome

Bring jou splinter drome in woorde ----- Turn you dream fragments into words

PLEASE NOTE ALL WORK ON THIS FORUM HAS NOW BEEN REGISTERED AT SAMBRO FOR COPYRIGHT ON ANY LYRICS THAT MIGHT BE USED IN MUSIC SCORES NEEM ASSEBLIEF KENNIS ALLE WERK OP DIE FORUM IS GEREGISTREER BY SAMBRO VIR KOPIEREG OP ALE VERSE OF DELE DAARVAN WAT MOONTLIK IN MUSIEK LIRIEKE AANGEWEND KAN WORD
Search
 
 

Display results as :
 


Rechercher Advanced Search

Keywords

Latest topics
» lewe,.. minaar of moordenaar
Fri Sep 21, 2012 11:37 am by Lala

» As..........................
Fri Sep 21, 2012 9:56 am by Ronel Holtz

» Lente van my siel
Fri Sep 21, 2012 12:41 am by Ronel Holtz

» Agtergeblewe Paradys
Sat Jul 14, 2012 10:44 am by Utopian Indigent

» tussen woorde
Sat Jul 14, 2012 7:54 am by Utopian Indigent

» Cinnamon heart
Sat Jul 14, 2012 7:54 am by Ronel Holtz

» Drome van Spanje
Sat Jul 14, 2012 7:51 am by Ronel Holtz

» stilte kwatryn
Thu Jul 12, 2012 9:31 am by Ronel Holtz

» van agteruit loop om vorentoe te kom
Thu Jul 12, 2012 9:28 am by Ronel Holtz

October 2017
MonTueWedThuFriSatSun
      1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031     

Calendar Calendar

Affiliates
free forum

Affiliates
free forum


You are not connected. Please login or register

Nuwe jaars voorneme

View previous topic View next topic Go down  Message [Page 1 of 1]

1 Nuwe jaars voorneme on Sat Dec 31, 2011 3:37 am

Nou ja nog 'n jaar het sy gat gesien! Al die gedagtes en voorneme wat ek vir 2011 gehad het vergete, kan nie eers onthou of van hulle werklik geword het nie, om die waarheid te se, kan ook nie baie worry nie!Weet net ek is nog hier, kan nog werk en so nou en dan braai en bier drink. Ek weet net, sal nie uit keuse volgende jaar aan 'n donners Opel of Ford werk nie!

Kry laas week 'n Ford Fiesta in vir 'n clutch overhaul, en omdat dit 'n pel se dogter se kar is vra ek heeltemal te min.. Moes geweet het hier kom bollie, toe ek en Louis,my seun en nuwe "appie" die kar hier in sleep ,hardloop Spanner al tjankend weg , stert tussen die bene in die huis in, Poepies ,my beste helfde dink nou nog ek het hom geskop!Nou met die uithaal van die dam ratkas het ek meer bloed geskenk as wat die bloed bank oor krismis en nuwe jaar kon gebruik.Louis is kwaad vir my en Spanner tjank elke keer as ek mik na die tools!Na 'n die ratkas eers op die vloer gele het besef ons die cluth-kit is die verkeerde een! So nou is my gemoet eers swaar en die pel se dogter wil haar kar he!Gelukkig het ek nie die parte bestel nie, en gee vir my pel die ou clutch saam met die verkeerde een om te loop omruil.

My gewese pel het toe vannoggend, die laaste dag van 2011 vir my die regte kit gebring, gelukkig,en ek glo aan ons skepper het die spil toe gepas en die ratkas met minder moeite weer sy plek gekry. Dit het so maaklik gegaan dat ek moes geweet het toe Spanner pad vat ,dat daar weer bollie is!Die blerrie ford wil nie start nie. Nou ongelukkig het ek geduld op laerskool gedop, nadat ek Louis gevloek het omdat hy die draade op die starter verkeerd gekoppel het ,en die starter twee keer af gehaal het en al die drade getrace het, bel ek maar weer my gewese pel, wie se dogter die ford besit, om te hoor of daar 'n knoppie of alarm is wat mens moet gebruik om die stuk ford te start, vertel die girlie my mos ek het verkeerde sleutel gebruik om haar motortjie te start!! Nou nadat ek haar my opinie gegee het van wat ek van ford en haar fiesta dink, het ek ook 'n pel verloor!

Die twee lesse wat ek geleer het uit die oujaars gemors is,moenie aan pelle se Fords werk nie, en as Spanner begin wegkruip as 'n job in kom,verdubbel die aarbeid!Ek het besluit om die geld wat ek gekry het op die job te spandeer op vleis en drank vir die oujaars braai, dalk sal ek tog so bietjie plasier uit 'n Ford kry.

Aan almal, 'n voorspoedige 2012,en mag julle almal Audis,Volkswagens of Mercedes kry die jaar!!Ek werk nie aan 'n Ford of Opel in 2012 nie!!(tensy die drank geld opraak)

Groete Plaaitjies

View user profile

2 Re: Nuwe jaars voorneme on Sat Dec 31, 2011 5:05 am

nog altyd gese daai is super dog, jy moet leer na hom luister maar nee as ek se diere kan praat dan se jy ek is weird,...........grrgggg ek hou ook nie fan fords nie,.. te lank in n myn dorp gebly slegte konnotasie,... het op n myndorp uitgevind as jy brake fluid saam jou duxo meng kan jy jou kar se leer seats spray paint sonder dat dit afdop,......... was sou ou op fairwy myn het sy 3 liter ford so barbie pink geduxo, en toe die seats selfde pienk met sulke gt stripes oor,........ weird oukie gewys altyd sulke neon geel joggers gedra,... dink sy dogter in std 4 sin dalk,.........

View user profile

View previous topic View next topic Back to top  Message [Page 1 of 1]

Permissions in this forum:
You cannot reply to topics in this forum