SplinterDrome

Bring jou splinter drome in woorde ----- Turn you dream fragments into words

PLEASE NOTE ALL WORK ON THIS FORUM HAS NOW BEEN REGISTERED AT SAMBRO FOR COPYRIGHT ON ANY LYRICS THAT MIGHT BE USED IN MUSIC SCORES NEEM ASSEBLIEF KENNIS ALLE WERK OP DIE FORUM IS GEREGISTREER BY SAMBRO VIR KOPIEREG OP ALE VERSE OF DELE DAARVAN WAT MOONTLIK IN MUSIEK LIRIEKE AANGEWEND KAN WORD
Search
 
 

Display results as :
 


Rechercher Advanced Search

Keywords

vers  gedigte  

Latest topics
» lewe,.. minaar of moordenaar
Fri Sep 21, 2012 11:37 am by Lala

» As..........................
Fri Sep 21, 2012 9:56 am by Ronel Holtz

» Lente van my siel
Fri Sep 21, 2012 12:41 am by Ronel Holtz

» Agtergeblewe Paradys
Sat Jul 14, 2012 10:44 am by Utopian Indigent

» tussen woorde
Sat Jul 14, 2012 7:54 am by Utopian Indigent

» Cinnamon heart
Sat Jul 14, 2012 7:54 am by Ronel Holtz

» Drome van Spanje
Sat Jul 14, 2012 7:51 am by Ronel Holtz

» stilte kwatryn
Thu Jul 12, 2012 9:31 am by Ronel Holtz

» van agteruit loop om vorentoe te kom
Thu Jul 12, 2012 9:28 am by Ronel Holtz

December 2017
MonTueWedThuFriSatSun
    123
45678910
11121314151617
18192021222324
25262728293031

Calendar Calendar

Affiliates
free forum

Affiliates
free forum


You are not connected. Please login or register

n Kuier by die Man op die maan

View previous topic View next topic Go down  Message [Page 1 of 1]

1 n Kuier by die Man op die maan on Fri Dec 30, 2011 3:38 am

ek wil gaan kuier by die man op die maan

sien hoe laat hy aan diens kom, hoe laat hy gaan

luister hoe hy saans eensaam n liedjie sing

as ek vir hom n foto van die aarde bring



die man op die maan se vel is grys en bleek

ek wil n goue ring aan sy vinger steek

n souvenir om my altyd te onthou

as sy gas op die maan en n aardse vrou



in kraters wil ek saam met hom sit en eet

hom uitvra wat ek so graag alles wil weet

vir ete sal ek vir hom lemoene gee

maar daar drink mens bekers stof pleks van tee



in diep gesprek sal hy ook probeer uitvis

oor wat die stand van die osoonlaag tans is

so sal ons praat en kuier tot baie laat

hom leer n woord of twee Afrikaans te praat



maar as ek groet is daar n traan in sy oog

dis tyd om te gly op my eie reenboog

hy soen my totsiens en vra net voor ek gaan:

'glo jul kinders nog in die man op die maan...'?

View user profile

2 Re: n Kuier by die Man op die maan on Fri Dec 30, 2011 3:47 am

glo die kinders nog aan die man op die maan? heerlike gedig!!

View user profile

View previous topic View next topic Back to top  Message [Page 1 of 1]

Permissions in this forum:
You cannot reply to topics in this forum