'n Nuwe identiteit is vir spioene beskore.
Naam, nuwe dokumente, selfs gesigsoperasie.
In nuwe lande kan sulke insurgente
... 'n ander lewe begin –
operasie: geen onthou, geen berou.
Met my is dit helaas anders gesteld.
Daar is geen uitkoms vir die digter:
Elke pynlike operasie ónsuksesvol
sleep soos 'n baggerboot vol vrag agterna.
Boonop kenners se menings oor 'n lewe openbaar
geleef, privaat gewaande allemansgoed.
Hoe leef 'n mens die verlede af?
Hoe leef die onverdraagsame onthou jóú af?
Hoe verander jy die vingerafdruk van 'n vers?
Hoe sterf jy die walg, die vroeër digter, af?
Hoe skryf jy die finale lykdig?(less)

Calendar