SplinterDrome

Bring jou splinter drome in woorde ----- Turn you dream fragments into words

PLEASE NOTE ALL WORK ON THIS FORUM HAS NOW BEEN REGISTERED AT SAMBRO FOR COPYRIGHT ON ANY LYRICS THAT MIGHT BE USED IN MUSIC SCORES NEEM ASSEBLIEF KENNIS ALLE WERK OP DIE FORUM IS GEREGISTREER BY SAMBRO VIR KOPIEREG OP ALE VERSE OF DELE DAARVAN WAT MOONTLIK IN MUSIEK LIRIEKE AANGEWEND KAN WORD
Search
 
 

Display results as :
 


Rechercher Advanced Search

Keywords

gedigte  vers  

Latest topics
» lewe,.. minaar of moordenaar
Fri Sep 21, 2012 11:37 am by Lala

» As..........................
Fri Sep 21, 2012 9:56 am by Ronel Holtz

» Lente van my siel
Fri Sep 21, 2012 12:41 am by Ronel Holtz

» Agtergeblewe Paradys
Sat Jul 14, 2012 10:44 am by Utopian Indigent

» tussen woorde
Sat Jul 14, 2012 7:54 am by Utopian Indigent

» Cinnamon heart
Sat Jul 14, 2012 7:54 am by Ronel Holtz

» Drome van Spanje
Sat Jul 14, 2012 7:51 am by Ronel Holtz

» stilte kwatryn
Thu Jul 12, 2012 9:31 am by Ronel Holtz

» van agteruit loop om vorentoe te kom
Thu Jul 12, 2012 9:28 am by Ronel Holtz

December 2017
MonTueWedThuFriSatSun
    123
45678910
11121314151617
18192021222324
25262728293031

Calendar Calendar

Affiliates
free forum

Affiliates
free forum


You are not connected. Please login or register

Blou stoel se onthou

View previous topic View next topic Go down  Message [Page 1 of 1]

1 Blou stoel se onthou on Thu Dec 22, 2011 12:31 pm

Haar oë vertel van 'n siel
skugter weggesteek
tog haar woorde toor
met fyngoud droombeelde
gestrooi uit hierdie blou stoel
eenkant stil in 'n hoek
haar esel wat voor haar hande
buig en stil wag op nog n skepping
harmonieer met woord en vers
op 'n stille spierwit doek

soveel vrae sonder antwoorde
gestry baklei verwoord in vers
reëls een een bymekaar gevoeg
tot maanskyn goue gloed
aan donker blou hemel trans
skitter sterre kersies aangesteek
wat die donker in harte breek

blou stoel as jy self kon rym
met woorde kon toor soos sy
sou jy genoeg woorde in jou hê
om wie jou eienaar werklik is
vir ons in 'n vers te kon sê
waar sy haar skatkamer
vol woorde se sleutel bêre
wat sy al ver terug vergeet het
wie weet sal jy dit kan onthou?

jy en jou stil toeskouers op die rak
julle ken haar siel, voel haar asem
hoor haar sugte en drome in die nag
weet julle dat sy ook kan huil en lag
eina verlang na 'n ander wêreld
ver verwyder van hierdie kamer
met alles hierin weggesteek
hoor julle as sy vra?
"Sal ek ooit hieruit kan ontsnap
is ek dan aan hierdie eensame
blou stoel geboei?"

maar helaas haar drome en woorde
vlieg sonder vkerke deur mure heen
vind op die melkweg in donker nagte
hul weg na verlore siele wat droom
in eensame leë donker harte woon
kry die dood in swart klere met 'n
hart wat net net nog klop
dis hier waar haar woorde saak maak
en die dood voor dooiemans deur
as verloorder laat stop.....

View user profile

2 Re: Blou stoel se onthou on Thu Dec 22, 2011 12:34 pm

my perfekte stoel gedig van so n hartsrein vriendin!

View user profile

View previous topic View next topic Back to top  Message [Page 1 of 1]

Permissions in this forum:
You cannot reply to topics in this forum