SplinterDrome

Bring jou splinter drome in woorde ----- Turn you dream fragments into words

PLEASE NOTE ALL WORK ON THIS FORUM HAS NOW BEEN REGISTERED AT SAMBRO FOR COPYRIGHT ON ANY LYRICS THAT MIGHT BE USED IN MUSIC SCORES NEEM ASSEBLIEF KENNIS ALLE WERK OP DIE FORUM IS GEREGISTREER BY SAMBRO VIR KOPIEREG OP ALE VERSE OF DELE DAARVAN WAT MOONTLIK IN MUSIEK LIRIEKE AANGEWEND KAN WORD
Search
 
 

Display results as :
 


Rechercher Advanced Search

Keywords

Latest topics
» lewe,.. minaar of moordenaar
Fri Sep 21, 2012 11:37 am by Lala

» As..........................
Fri Sep 21, 2012 9:56 am by Ronel Holtz

» Lente van my siel
Fri Sep 21, 2012 12:41 am by Ronel Holtz

» Agtergeblewe Paradys
Sat Jul 14, 2012 10:44 am by Utopian Indigent

» tussen woorde
Sat Jul 14, 2012 7:54 am by Utopian Indigent

» Cinnamon heart
Sat Jul 14, 2012 7:54 am by Ronel Holtz

» Drome van Spanje
Sat Jul 14, 2012 7:51 am by Ronel Holtz

» stilte kwatryn
Thu Jul 12, 2012 9:31 am by Ronel Holtz

» van agteruit loop om vorentoe te kom
Thu Jul 12, 2012 9:28 am by Ronel Holtz

October 2017
MonTueWedThuFriSatSun
      1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031     

Calendar Calendar

Affiliates
free forum

Affiliates
free forum


You are not connected. Please login or register

Koffie op die trappie -Maart 2006

View previous topic View next topic Go down  Message [Page 1 of 1]

1 Koffie op die trappie -Maart 2006 on Tue Nov 08, 2011 7:37 am

So sit ek vanaand en dink aan my storms wat so sommer van nêrens af in my
kop in gewaai het so sonder wolke op die horison en donderweer om hom aan
te kondig, sit op die trappie, en dink aan n vriendin duisend of twee
kilometers ver met haar eie donderstorms, en reik uit, maak vir haar ook
koffie, en nooi haar om so siel teen my siel te kom sit hie op die agter
deur trappie, dan drink ons koffie en dink aan die kleintyd, die gelukkige
dae. Die dae toe ons nog ons skool rokke somme so in die skool panty se been
rekke gedruk het, die vlegsels oor die skouers gegooi het en die grootste
en knoppigste wille vy boom sonder skroom aangedurf het!!

Die gedagte aan daai boom laat my vandag ril!!! Ek het die vetste naarste
harigste bobbejaan spinnekoppe in daai boom gejag met n passie, tot ek hom
in n canfruit bottle met groot genoeë geseël het,….eish. dan onthou ek
daai arme beskerm engel van my en die res van my trawante, daai arme wese
het sy hande vol gehad ek is seker, het seker ook maar net sy oë toegeknyp en
gekeer, dink selfs hy het ons party dae ook maar veilig gebid!!

Ek onthou hoe ons almal die strate af gesleep het, met fietse met joker
kaarte in die speke, onthou hoe die tannie van oorkant met die klein
babetjie altyd vir die pos jong se fiets gewag het, met die krul kop
dogtertjie op die heup, en hoe daar een skemer aand terwyl ons in die
straat gespeel het, stadig n voertuig met onbekende nommer plate en ooms
met army step-outs en besem snorre by haar huis tot stilstand gekom het, en
sy daarna nooit weer vir die pos gewag het nie en ons ma’s gesê het ons
mag nie meer voor haar huis speel nie ons moet eerbied hê, nie dat ons
geweet het wat dit beteken, maar sy het later getrek en toe het daar mense
met 5 kinders en n groot hond ingetrek en vir n baie lang tyd, het ek nie
weer gewonder oor die tannie met die krulkop baba nie.

So kom die onthou so stuk stuk terug, onthou oupa se konsertina so op sy
vel vou stoel net daar in die tuin tussen ouma se gesiggies en krismis
rose, onthou hoe fyn kon hy met sy Josheph Rogers biltong kerf , so een vir
my, een vir hom, en een vir Koos die Foxterrier. Ek onthou hoe ek op die
kraal muur gesit het terwyl hy melk en hoe my kinderlike opmerkings oor
kalwers en koeitjies hom so saggies tjie tjie laat lag het onderlangs, ek
kan onthou hoe lyk hy met sy ernstige gesig op n Sondag oggend in sy swart
pak, op pad om die koster se werk te loop doen,en die klok te lui voor
dominee Van Staden by die kerk aankom. Ek onthou die silwer armband met my
naam op wat hy vir my gebring het al die pad van die Noord Transvaal, toe
my blindederm op agt uitgehaal is, en onthou hoe hy kwaai was toe ek n week
later op die jeep gerits het om saam pa te gaan visvang in Richardsbaai,
min gepla oor die steke wat nog nie eers uit is nie. My ouma met haar groot
bo arms van jare se knie, skrop en slag het net haar voorskoot wat na
boerseep geruik het oor haar kop gegooi vir my manewales , dat die kleingeld so uit die voorskoot sak oor die stoep trappies rol.
Dit was my laaste vakansie saam met oupa hy is net daarna dood aan n hartaanval en ouma het vir jare lank so begin huil en die voorskoot oor die kop gegooi as iemand van oupa gepraat het.


Ek onthou my tiener jare, het daar ook maar die beskerm engel moeg gemaak, was n koshuisbrak en het maar duidelik katte kwaad aangejaag, oor twaalf voet heinings geklim in die skool swembad in,
Maar onthou ook hoe ek as standerd sessie baie groot “juf “was met my onder 16 rugby kaptein, hoe ons skaam skaam in my baadjie sak op die paviljoen hande vas gehou het, en dan weer sommer paar dae later saam met die res van die wille wragtigs van die skool se dak- drie verdiepings ver, op die hoog spring matte gespring het, en ek natuurlik die baba tussen die lot, maar kon tog nie se ek is bang, meen hoe sal dit nou lyk het maar net oë toe geknyp en gespring!!! --------mind you dink ek doen dit nog vandag, knyp oë toe en spring-------

So het ek menigte keer in situasies beland want ek was die voorbok se kleinsus en as ek saam met die groep wou speel, dan moes ek maar die waagtoertjies aanpak, saam die koshuis verspoel met die fire hose, saam gaan branderplank ry en kreef duik.
Maar tussen ouboet en die beskerm engel het ek
darem heelhuids daar uit gekom!!

En skielik was ek by amper groot, en het ek langs n oop graf gaan staan, vir die weermag boyfriend wat met n motorfiets verongeluk het net ander kant Grahamstown, op pad na sy ma se kos, sy pa se lag en fliek en koffie saam my. Skielik was dinge anders, en het ek opgehou wille wragtig wees.
En ek het onthou van die vroutjie met die krulkop baba en “eerbied”

As ek so aan al daai wille spronge dink en al die storms, dan se ek maatjie, hang in there, kom vat my hand dan spring ons, ek is seker ons
beskerm engel sal die spring matte vir ons reg skuif, sal sy oë toe druk maar hy sal keer, hy het nog altyd, So sit met jou siel hier styf teen myne, en drink jou koffie voor dit koud is!!

View user profile

2 Re: Koffie op die trappie -Maart 2006 on Tue Nov 15, 2011 12:17 pm

Ai hoe lekker is dit nie om mens se gedagtes so te agtervolg en herkou nie. Maak my sommer lus om nog te skryf voordat ek alles vergeet.

Thx Dotta.

View user profile

3 Re: Koffie op die trappie -Maart 2006 on Tue Nov 15, 2011 8:02 pm

Thanks Plaaitjies jisss dis darem 'n saksie ou op daai foto en jy lyk okkie te sleg nie!! Kan sien die slim een tussen julle twee (koes vir klap)

View user profile

Sponsored content


View previous topic View next topic Back to top  Message [Page 1 of 1]

Permissions in this forum:
You cannot reply to topics in this forum