SplinterDrome

Bring jou splinter drome in woorde ----- Turn you dream fragments into words

PLEASE NOTE ALL WORK ON THIS FORUM HAS NOW BEEN REGISTERED AT SAMBRO FOR COPYRIGHT ON ANY LYRICS THAT MIGHT BE USED IN MUSIC SCORES NEEM ASSEBLIEF KENNIS ALLE WERK OP DIE FORUM IS GEREGISTREER BY SAMBRO VIR KOPIEREG OP ALE VERSE OF DELE DAARVAN WAT MOONTLIK IN MUSIEK LIRIEKE AANGEWEND KAN WORD
Search
 
 

Display results as :
 


Rechercher Advanced Search

Keywords

Latest topics
» lewe,.. minaar of moordenaar
Fri Sep 21, 2012 11:37 am by Lala

» As..........................
Fri Sep 21, 2012 9:56 am by Ronel Holtz

» Lente van my siel
Fri Sep 21, 2012 12:41 am by Ronel Holtz

» Agtergeblewe Paradys
Sat Jul 14, 2012 10:44 am by Utopian Indigent

» tussen woorde
Sat Jul 14, 2012 7:54 am by Utopian Indigent

» Cinnamon heart
Sat Jul 14, 2012 7:54 am by Ronel Holtz

» Drome van Spanje
Sat Jul 14, 2012 7:51 am by Ronel Holtz

» stilte kwatryn
Thu Jul 12, 2012 9:31 am by Ronel Holtz

» van agteruit loop om vorentoe te kom
Thu Jul 12, 2012 9:28 am by Ronel Holtz

October 2017
MonTueWedThuFriSatSun
      1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031     

Calendar Calendar

Affiliates
free forum

Affiliates
free forum


You are not connected. Please login or register

Om tussen engele te mag leef- 2009-10-30

View previous topic View next topic Go down  Message [Page 1 of 1]

1 Om tussen engele te mag leef- 2009-10-30 on Tue Nov 08, 2011 7:34 am

Nou ja ek het n vriendin, en nee sy bly nie by die see nie en sy kan nie
klavier speel nie, maar ons drink ook wyn en kuier tot die laaste sigaret,
en as ek so raak soos ek die week is dan se sy net" oë Hell Griet moet al
weer 'n sprokie skryf," maar hierdie is nie n sprokie, en die wat my ken sal
weet ek nogal n taai, moedswillige stukkie vleis, maar partymaal net
partymaal kom ek dinge in my lewe teë wat my vol in die wind slaan, wat my
laat stop en dink, wat my maak my bottel goeie wyn en n glas vat, my bad
vol bubbles maak en net in die bad lê en huil en huil tot my badwater sout
water is, my wyn bottel in die flat bubbles dryf en ek in my siel vrede
gemaak het en die storie in my kop in plek is.


Ek wil julle vandag vertel van Junior, ek het hom die week een aand
ontmoet, hy is n seuntjie met pragtige sjokolade bruin oe en n windgat
kuif, maar junior lê agter stom oe en neem in, of neem nie in nie, want
sien junior het op n paar weke oud breinvlies ontsteking gekry, dit was so
8 jaar terug, toe het sy wêreld daar in mekaar getuimel, en sy ma en sy
boeties en sussies sin ook, sy pa sin seker ook, weet nie want sy pa het
geloop, besluit dat Junior nie sy probleem is nie,


Nou ek het Junior ontmoet na n benoude oproep van sy ma om hulp, en soos
dit maar gaan ken ek toe nou die nodige aards engel om agter na te sleep,
en daar gaan ons, na 'n skoon, maar primitiewe huis iewers buite die dorp op
'n plaas.


Toe ek hom die eerste keer sien het ek in die skadu vertrek na my asem
gesnak, sy vel n doodse grys wit, sy oë stokstyf en sy asemhaling skaars
die van n pasgebore katjie.


Ek gaan die hele storie nie hier vertel, wat ek jul wil vertel is dat
daar nie n hospitaal in die stad is wat sulke kinders wil help, al is hul
sterwend want sy ma het nie geld vir die beste dokters en professors nie,
dat Junior se ma na agt jaar nou eers begin uit vind presies wat fout is
met haar kind, want toe hy op sewe weke ontslaan is het die dokters net vir
haar gesê hier is jou kind hy is gestrem, sit hom in n tehuis en vergeet
van hom. Maar sy het nie sy het op haar manier hom versorg, hom nagte deur
opgepas, hom haar hele wêreld gemaak, sonder om enige idee te he wat om te
verwag nie, want sy het nie genoeg geld om die kennis te koop van die
"wonderlike slim mense in smart hospitaal gange nie"
Danksy die engel wat ek op sleep tou geneem het, en ja die wat my skrywe
ken sal weet ek praat van my pragtige donker kop dogter, is Junior daai
selfde aand deur haar en haar mede paramedici versorg , gestabiliseer en
vervoer, en danksy hulle is hy nou in n goeie hospitaal se kindereenheid
waar spesialiste, van die bestes, vir die eerste keer in sy lewe toets en
bepaal wat die skade aan sy brose verwronge lyfie is, nou na al die jare
gaan hul met operasies sorg dat sy gestel beter kan werk en dat hy in
minder pyn sal wees van sy spastiese spiertjies, o ja Junior is omtrent
50cm lank en weeg so 9 na 11 kg,


Junior is in almal se gebede want almal besef dat ten spyte van die hulp
wat hy nou ontvang is hy nou op geleende tyd, so die mense in hul jumpsuits
en flitsende ligte het hom die keer terug geraap van die dood maar hy is op
die einde van sy lewensverwagting.

Dan gaan my gedagtes terug, terug na die aand toe ek hom ontmoet het, terug
na my dogter se bleek gesig wat onderlangs vir my fluister" ma help, ek
alleen kan nie hom red" maar sy het, ek gaan terug na daai are so dun soos
brei wol in sy armpies waar sy n drip naald probeer in kry, en ek besef,,
daar is soveel dinge in my lewe wat my seer maak in die nanag, soveel spoke
wat in grys mis in my kop loop, dan besef ek terwyl ek in my eie wêreld
myself so jammer kry, slaap my dogter rustig met haar jong lyfie, gesond
oor haar bed, staan my ander dogter oor nog n kind, of dronk man of siek ou
mens se liggaam en stel hul rustig gerus terwyl sy om hul lewe veg,,, en sit
n vrou iewers by n gaslamp en versorg haar gestremde
baba...........................................................................................
en ek weet God is my genadig, want ek leef tussen engele


Hierdie stuk het ek Januarie 11 2009 geskryf....Junior is die eerste
Sondag van Oktober deur sy ouers stil en hartseer begrawe.

View user profile

2 Re: Om tussen engele te mag leef- 2009-10-30 on Tue Nov 08, 2011 9:22 am

Daars goed in my lewe en in my werk wat my hart breek en wat ek nooit sal vergeet...my engel junior is van die...

View user profile

3 Re: Om tussen engele te mag leef- 2009-10-30 on Tue Nov 08, 2011 10:35 am

ja hy was een ne?? maar jy hom met soveel liefde gehelp, ek het jou eendag gse to be a healer means sometimes you need to help peple get better sometimes you need to help them to pass away in comfort

View user profile

4 Re: Om tussen engele te mag leef- 2009-10-30 on Wed Nov 09, 2011 12:44 am

'...hom haar hele wêreld gemaak .' AANGRYPENDE woorde wat `n pragtige agtergrond skep vir die eintlike drama van hierdie stuk : `n Edel moeder en haar ewe edele dogters se groot harte , en wens om mense te genees . God is julle genadig ...

View user profile

Sponsored content


View previous topic View next topic Back to top  Message [Page 1 of 1]

Permissions in this forum:
You cannot reply to topics in this forum