SplinterDrome

Bring jou splinter drome in woorde ----- Turn you dream fragments into words

PLEASE NOTE ALL WORK ON THIS FORUM HAS NOW BEEN REGISTERED AT SAMBRO FOR COPYRIGHT ON ANY LYRICS THAT MIGHT BE USED IN MUSIC SCORES NEEM ASSEBLIEF KENNIS ALLE WERK OP DIE FORUM IS GEREGISTREER BY SAMBRO VIR KOPIEREG OP ALE VERSE OF DELE DAARVAN WAT MOONTLIK IN MUSIEK LIRIEKE AANGEWEND KAN WORD
Search
 
 

Display results as :
 


Rechercher Advanced Search

Keywords

Latest topics
» lewe,.. minaar of moordenaar
Fri Sep 21, 2012 11:37 am by Lala

» As..........................
Fri Sep 21, 2012 9:56 am by Ronel Holtz

» Lente van my siel
Fri Sep 21, 2012 12:41 am by Ronel Holtz

» Agtergeblewe Paradys
Sat Jul 14, 2012 10:44 am by Utopian Indigent

» tussen woorde
Sat Jul 14, 2012 7:54 am by Utopian Indigent

» Cinnamon heart
Sat Jul 14, 2012 7:54 am by Ronel Holtz

» Drome van Spanje
Sat Jul 14, 2012 7:51 am by Ronel Holtz

» stilte kwatryn
Thu Jul 12, 2012 9:31 am by Ronel Holtz

» van agteruit loop om vorentoe te kom
Thu Jul 12, 2012 9:28 am by Ronel Holtz

October 2017
MonTueWedThuFriSatSun
      1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031     

Calendar Calendar

Affiliates
free forum

Affiliates
free forum


You are not connected. Please login or register

Rock-ballade van Liefde

View previous topic View next topic Go down  Message [Page 1 of 1]

1 Rock-ballade van Liefde on Tue Dec 13, 2011 6:36 am

Ek wil jou lei tot by die fontein

van my borrelende liefde -

jou laat drink uit die onuitputike bron

van my neutvars genotvolle vrouwees.

Ek wil my hart skaamteloos vir jou ontbloot -

my liggaam net aan jou toevertrou.




Ek wil jou onlosmaakbaar

aan my vasknoop, siel en liggaam.

Ons liefde moet jy elke dag

soos volg kan besing:




My minnaar-vingers komponeer

vir jou 'n rock-ballade

op die klawers van jou lyf.




Jou gevoelvolle groen oë

wil ek liefdevol met my vingerpunte trys.

My tong sal die soetste note vind

in die sagte warm holte

van jou begeerlike vol mond.




By jou slanke nek sal my vingers huiwer -

my oë het reeds te laag gesak.

Die volgende note wil ek alreeds skryf

op jou volronde borste -

die suiwerste melodie laat weerklink.




Die vinnig polsende tromme

van jou onstuimige hart

laat my besef dat die note

van my rock-ballade vir jou

nou vinniger, meer ritmies moet vloei.




Hierdie droom van 'n rock-ballade vir jou

moet jou in kettings van liefde boei

sodat ons vurige minnaars bly.

Jy moet besef “When it's love”

sal ons vir altyd bly wieg op die maat

van “Never say goodbye” -

al het die soet note lank reeds weggesterf.”

View user profile

2 Re: Rock-ballade van Liefde on Tue Dec 13, 2011 11:41 am

wow!! now that is musical poetry!!

View user profile

3 Re: Rock-ballade van Liefde on Tue Dec 13, 2011 5:36 pm

Vannaand sal dit rock ..... maar dan is daar die wekker in die oggend.... klere op die mat...vuil skottelgoed in die wasback ....en die simfonie van rock verander in 'n kakafonie van realiteit.....

View user profile

Sponsored content


View previous topic View next topic Back to top  Message [Page 1 of 1]

Permissions in this forum:
You cannot reply to topics in this forum