SplinterDrome

Bring jou splinter drome in woorde ----- Turn you dream fragments into words

PLEASE NOTE ALL WORK ON THIS FORUM HAS NOW BEEN REGISTERED AT SAMBRO FOR COPYRIGHT ON ANY LYRICS THAT MIGHT BE USED IN MUSIC SCORES NEEM ASSEBLIEF KENNIS ALLE WERK OP DIE FORUM IS GEREGISTREER BY SAMBRO VIR KOPIEREG OP ALE VERSE OF DELE DAARVAN WAT MOONTLIK IN MUSIEK LIRIEKE AANGEWEND KAN WORD
Search
 
 

Display results as :
 


Rechercher Advanced Search

Keywords

gedigte  vers  

Latest topics
» lewe,.. minaar of moordenaar
Fri Sep 21, 2012 11:37 am by Lala

» As..........................
Fri Sep 21, 2012 9:56 am by Ronel Holtz

» Lente van my siel
Fri Sep 21, 2012 12:41 am by Ronel Holtz

» Agtergeblewe Paradys
Sat Jul 14, 2012 10:44 am by Utopian Indigent

» tussen woorde
Sat Jul 14, 2012 7:54 am by Utopian Indigent

» Cinnamon heart
Sat Jul 14, 2012 7:54 am by Ronel Holtz

» Drome van Spanje
Sat Jul 14, 2012 7:51 am by Ronel Holtz

» stilte kwatryn
Thu Jul 12, 2012 9:31 am by Ronel Holtz

» van agteruit loop om vorentoe te kom
Thu Jul 12, 2012 9:28 am by Ronel Holtz

December 2017
MonTueWedThuFriSatSun
    123
45678910
11121314151617
18192021222324
25262728293031

Calendar Calendar

Affiliates
free forum

Affiliates
free forum


You are not connected. Please login or register

Vrees

View previous topic View next topic Go down  Message [Page 1 of 1]

1 Vrees on Tue Dec 13, 2011 6:29 am

In die koue vroeë oggendure

voel sy hoe die wrewel

warm in haar hele wese opwel




Stukkend van hartseer, vrees

liewe Vader, hy MAG nie soos sy pa wees

Ondeurdag noem sy haar kind

jou pa se gebroedsel”




Fok weet, sy het sy dronk pa

elke keer passievol gehaat -

geminag wanneer hy so besope is

Sy oë, afskuwelik-bloedbelope

het haar letterlik laat ineenkrimp

van innerlike pyn, hartstilstand-angs

Uiterlik het trane gestoomroller

sy kru beledigings moes sy verduur -

tog het sy hom altyd beskerm

(was dit uit vrees of dalk skaamte?)

Die voorgee-lewe het inspanning geverg




In die vroegoggend kou vries haar hart

in 'n snerpende winterkou van smart

Haar kind word 'n monster soos HY –

met 'n vreesaanjaende dronk gesig

Hy steek 'n vlymskerp dolk

- ongevoelig in sy beskonkenheid -

diep in haar hart, wond haar siel

draai dit met dronk-vernyn

tot trane soos bloedspatsels uit haar oë vloei

omdat hy in sy nie-rolmodel pa

se twee rye slingervoetspore volg




Sy bid dat die stikdonker nag

in helder môregloed-hoop

vir haar seun sal dagbreek -

Sy het hom met soveel blye afwagting

in haar moederskoot gedra

Steeds is hy kniediep in haar hart

waar sy hom in tere moederliefde koester

Skor weerklink haar smeekgebed

dat die helende son

die donker onheilswolke

in sy onbesonne lewe sal besweer

View user profile

2 Re: Vrees on Tue Dec 13, 2011 8:29 pm

die sondes van die vaders,........ allways makes me weep

View user profile

View previous topic View next topic Back to top  Message [Page 1 of 1]

Permissions in this forum:
You cannot reply to topics in this forum