was dit dalk 'n rokke jagter
nagmerrie monster
wat doodsheid in jou besit,
het hy dalk die prys van sy dade
van jou vrouwees verhaal ?
nou dra jy hierdie gal mantel
wat jy argeloos oral swaai
jy prostitueer jou pyn
soos ware in stegies
was gierigheid jou ondergang
in die gejaag na plesier en roem
van nuuskierigheid is die tronk vol
van gretigheid die kerk leeg
skyn-vroom word verswak
jy verkondig
jy het alles aan jou kant
iets wat jy dink is uniek
maar ek het jou selfbejammering aanskou
wyl trane uit vals oë stort
so jy weet dus ek gaan jou verlaat
weet ek sal nooit terug kyk
gebore vir die doel
wat jou wese so kruisig
so vertel jou leuens,
jou leuens, gerus aan die spieël
soos elke keer tevore
gee vlees aan plastiek geraamtes
gee waarheid aan jou leuens
verbeel jou steeds jy het iets om te gee
geheimsinnig,
nuut en uniek
maar hoeveel van jou is herhaling
soveel reeds in ander ore gefluister
gebruikte goed
as nuut verkoop?
http://youtu.be/hVdWXqtk484
nagmerrie monster
wat doodsheid in jou besit,
het hy dalk die prys van sy dade
van jou vrouwees verhaal ?
nou dra jy hierdie gal mantel
wat jy argeloos oral swaai
jy prostitueer jou pyn
soos ware in stegies
was gierigheid jou ondergang
in die gejaag na plesier en roem
van nuuskierigheid is die tronk vol
van gretigheid die kerk leeg
skyn-vroom word verswak
jy verkondig
jy het alles aan jou kant
iets wat jy dink is uniek
maar ek het jou selfbejammering aanskou
wyl trane uit vals oë stort
so jy weet dus ek gaan jou verlaat
weet ek sal nooit terug kyk
gebore vir die doel
wat jou wese so kruisig
so vertel jou leuens,
jou leuens, gerus aan die spieël
soos elke keer tevore
gee vlees aan plastiek geraamtes
gee waarheid aan jou leuens
verbeel jou steeds jy het iets om te gee
geheimsinnig,
nuut en uniek
maar hoeveel van jou is herhaling
soveel reeds in ander ore gefluister
gebruikte goed
as nuut verkoop?
http://youtu.be/hVdWXqtk484

Calendar

