SplinterDrome

Bring jou splinter drome in woorde ----- Turn you dream fragments into words

PLEASE NOTE ALL WORK ON THIS FORUM HAS NOW BEEN REGISTERED AT SAMBRO FOR COPYRIGHT ON ANY LYRICS THAT MIGHT BE USED IN MUSIC SCORES NEEM ASSEBLIEF KENNIS ALLE WERK OP DIE FORUM IS GEREGISTREER BY SAMBRO VIR KOPIEREG OP ALE VERSE OF DELE DAARVAN WAT MOONTLIK IN MUSIEK LIRIEKE AANGEWEND KAN WORD
Search
 
 

Display results as :
 


Rechercher Advanced Search

Latest topics
» lewe,.. minaar of moordenaar
Sat Sep 22, 2012 6:37 am by Lala

» As..........................
Sat Sep 22, 2012 4:56 am by Ronel Holtz

» Lente van my siel
Fri Sep 21, 2012 7:41 pm by Ronel Holtz

» Agtergeblewe Paradys
Sun Jul 15, 2012 5:44 am by Utopian Indigent

» tussen woorde
Sun Jul 15, 2012 2:54 am by Utopian Indigent

» Cinnamon heart
Sun Jul 15, 2012 2:54 am by Ronel Holtz

» Drome van Spanje
Sun Jul 15, 2012 2:51 am by Ronel Holtz

» stilte kwatryn
Fri Jul 13, 2012 4:31 am by Ronel Holtz

» van agteruit loop om vorentoe te kom
Fri Jul 13, 2012 4:28 am by Ronel Holtz

December 2014
MonTueWedThuFriSatSun
1234567
891011121314
15161718192021
22232425262728
293031    

Calendar Calendar

Affiliates
free forum

Affiliates
free forum


You are not connected. Please login or register

Skarlaken vrou

Post new topic  Reply to topic

View previous topic View next topic Go down  Message [Page 1 of 1]

1 Skarlaken vrou on Sat Dec 10, 2011 8:29 pm

was dit dalk 'n rokke jagter
nagmerrie monster
wat doodsheid in jou besit,
het hy dalk die prys van sy dade
van jou vrouwees verhaal ?

nou dra jy hierdie gal mantel
wat jy argeloos oral swaai
jy prostitueer jou pyn
soos ware in stegies

was gierigheid jou ondergang
in die gejaag na plesier en roem
van nuuskierigheid is die tronk vol
van gretigheid die kerk leeg
skyn-vroom word verswak

jy verkondig
jy het alles aan jou kant
iets wat jy dink is uniek
maar ek het jou selfbejammering aanskou
wyl trane uit vals oë stort

so jy weet dus ek gaan jou verlaat
weet ek sal nooit terug kyk
gebore vir die doel
wat jou wese so kruisig

so vertel jou leuens,
jou leuens, gerus aan die spieël
soos elke keer tevore
gee vlees aan plastiek geraamtes
gee waarheid aan jou leuens

verbeel jou steeds jy het iets om te gee
geheimsinnig,
nuut en uniek
maar hoeveel van jou is herhaling
soveel reeds in ander ore gefluister
gebruikte goed
as nuut verkoop?

http://youtu.be/hVdWXqtk484

View user profile

2 Re: Skarlaken vrou on Thu Dec 15, 2011 9:56 pm

Besoeker


Guest
maar hoeveel van jou is herhaling
soveel reeds in ander ore gefluister
gebruikte goed
as nuut verkoop?

ek herhaal jou, en herhaal jou - elke keer bly daar minder van jou oor terwyl ek van jou verhaal en verhaal totdat ons in 'n negatief verkeer en ek maar moedswillig jou skuld laat ophoop.

Ronel - ek verstaan presies waaroor hierdie vers gaan - die agtergrond ingekleur deur ons geselsies elke dan en wan. 'n Puik, allergrootse werk. Ek smeer jou nie jam om die mond nie, hierdie vers is meesterlik. Hierdie is ware digkuns.

Eendag, wanneer ek 'n regte gedig skryf, sou ek wou dat dit soos hierdie lees en voel.

3 Re: Skarlaken vrou on Thu Dec 15, 2011 10:01 pm

Admin


Admin
die song van Rodriques het hierdie teweeg gebring,..ek se dankie vir die eer en ja jy verstaan die werk se ander kant

View user profile http://splinterdrome.poeticforum.com

View previous topic View next topic Back to top  Message [Page 1 of 1]

Post new topic  Reply to topic

Permissions in this forum:
You can reply to topics in this forum