SplinterDrome

Bring jou splinter drome in woorde ----- Turn you dream fragments into words

PLEASE NOTE ALL WORK ON THIS FORUM HAS NOW BEEN REGISTERED AT SAMBRO FOR COPYRIGHT ON ANY LYRICS THAT MIGHT BE USED IN MUSIC SCORES NEEM ASSEBLIEF KENNIS ALLE WERK OP DIE FORUM IS GEREGISTREER BY SAMBRO VIR KOPIEREG OP ALE VERSE OF DELE DAARVAN WAT MOONTLIK IN MUSIEK LIRIEKE AANGEWEND KAN WORD
Search
 
 

Display results as :
 


Rechercher Advanced Search

Keywords

Latest topics
» lewe,.. minaar of moordenaar
Fri Sep 21, 2012 11:37 am by Lala

» As..........................
Fri Sep 21, 2012 9:56 am by Ronel Holtz

» Lente van my siel
Fri Sep 21, 2012 12:41 am by Ronel Holtz

» Agtergeblewe Paradys
Sat Jul 14, 2012 10:44 am by Utopian Indigent

» tussen woorde
Sat Jul 14, 2012 7:54 am by Utopian Indigent

» Cinnamon heart
Sat Jul 14, 2012 7:54 am by Ronel Holtz

» Drome van Spanje
Sat Jul 14, 2012 7:51 am by Ronel Holtz

» stilte kwatryn
Thu Jul 12, 2012 9:31 am by Ronel Holtz

» van agteruit loop om vorentoe te kom
Thu Jul 12, 2012 9:28 am by Ronel Holtz

October 2017
MonTueWedThuFriSatSun
      1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031     

Calendar Calendar

Affiliates
free forum

Affiliates
free forum


You are not connected. Please login or register

EK HOOR JOU KRAAIE, TEMÜJIN.

View previous topic View next topic Go down  Message [Page 1 of 1]

1 EK HOOR JOU KRAAIE, TEMÜJIN. on Sun Dec 04, 2011 12:21 pm

In n grasveld Savannah
lê jou verlore graf.
n Mongoolse moordkarma
jou ewigdurende staf.
...
Stille siele, so veertig miljoen,
selfs jou eie broer weggedoen,
gebore met bloed in jou hand,
Genghis ons jou verenigde land.

Ek ken jou bitter versoening,
jou vals demokrasie verbloeming,
jou donker, onbepaalde belasting,
jou diep-sigies aantasting.

Ek, oorwonne, verslaan. . .
Had eens op n kruispad gestaan,
had vir geregtigheid geveg. . .
Vir n nuwe gesame weg.

Nou
sien ek jou daarbo, alleen,
hoor ek weer siele wat ween,
sien hoe kom die bloedreën
en die honger, honger kraaie.

View user profile http://poemlust.blogspot.com/

2 Re: EK HOOR JOU KRAAIE, TEMÜJIN. on Sun Dec 04, 2011 8:08 pm

baie baie dramaties Boemelaar,... en ek plaas jou voetnota by ter verklaring alhoewel ek soos Mellet ook glo om nooit voetnota's te plaas dink ek tog in hierdie geval gaan ek dit plaas aangesien die gedig onder bespreking was gisteraand saam n vriend:
(voetnota: Genghis Kahn, gedoop Temüjin, het deur 40 miljoen sterftes die Mongoolse stamme verenig deur oorlog, moord en verraad. Hy het selfs sy half broer en beste vriend vermoor. Hy is gebore met n bloedklont in sy hand wat volgens sy land se legendes n teken van n groot leier is. Na sy dood is hy in n ongemerkte graf begrawe.

Die gedig trek n paralel met sy vereniging van sy land en wat gebeur het in Suid Afrika vanuit die vorige bestek se oogpunt en dat die bloed steeds vloei soos baie figuurlike instellings en regte in die land voortdurend "vermoor" word en die kraaie op die karkasse voer. Dus n melodramatiese kyk na die onderdrukking van n minderheid met bloed deurdrenkte toekoms, oftewel die dood van die minderheidsgroep se jeug se toekoms.)

View user profile

View previous topic View next topic Back to top  Message [Page 1 of 1]

Permissions in this forum:
You cannot reply to topics in this forum