SplinterDrome

Bring jou splinter drome in woorde ----- Turn you dream fragments into words

PLEASE NOTE ALL WORK ON THIS FORUM HAS NOW BEEN REGISTERED AT SAMBRO FOR COPYRIGHT ON ANY LYRICS THAT MIGHT BE USED IN MUSIC SCORES NEEM ASSEBLIEF KENNIS ALLE WERK OP DIE FORUM IS GEREGISTREER BY SAMBRO VIR KOPIEREG OP ALE VERSE OF DELE DAARVAN WAT MOONTLIK IN MUSIEK LIRIEKE AANGEWEND KAN WORD
Search
 
 

Display results as :
 


Rechercher Advanced Search

Keywords

Latest topics
» lewe,.. minaar of moordenaar
Fri Sep 21, 2012 11:37 am by Lala

» As..........................
Fri Sep 21, 2012 9:56 am by Ronel Holtz

» Lente van my siel
Fri Sep 21, 2012 12:41 am by Ronel Holtz

» Agtergeblewe Paradys
Sat Jul 14, 2012 10:44 am by Utopian Indigent

» tussen woorde
Sat Jul 14, 2012 7:54 am by Utopian Indigent

» Cinnamon heart
Sat Jul 14, 2012 7:54 am by Ronel Holtz

» Drome van Spanje
Sat Jul 14, 2012 7:51 am by Ronel Holtz

» stilte kwatryn
Thu Jul 12, 2012 9:31 am by Ronel Holtz

» van agteruit loop om vorentoe te kom
Thu Jul 12, 2012 9:28 am by Ronel Holtz

October 2017
MonTueWedThuFriSatSun
      1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031     

Calendar Calendar

Affiliates
free forum

Affiliates
free forum


You are not connected. Please login or register

Betrekking vakant

View previous topic View next topic Go down  Message [Page 1 of 1]

1 Betrekking vakant on Sun Dec 04, 2011 11:47 am

‘n Uitsonderlike pos is tans vakant


voorskrifte
duidelik voor die hand


vereiste
kennis van aritmie bepaal


hartritme
beheer met wil van staal


keer om
wegholtoertjies uit te haal





liefdessielkunde
sal in sy guns tel


moet ook
weet van die liefdespel


kwalifikasies
op curriculum vitae bewys


anders gaan
aansoek onmiddellik op ys


vasgestelde
versoek op vorm vereis





’n
ginekoloog moet liewer nie poog


gesinsbou
word geensins hier beoog


chiropraktisyn,
twyfelagtig, kan verklaar


hou van my
beendere heel, bymekaar


mag dalk my besluit ietwat verwar...





ons moet
dieselfde hartstaal kan praat


prokureur,
tog net nie, hy’s inadekwaat


al kan hy
met liegstories enige saak wen


ongetwyfeld,
dié hart sal hy nooit leer ken


allermins
met regskwessies probeer vaspen





die pos is
ook nie geskik vir ‘n predikant


al loop
liefde en die woord hand aan hand


sal ek
liewer my belange elders moet wend


as om s.o.s
bede hemelwaarts te versend


wanneer
kragtige woorde my beeld skend





my sollisitant
moet die regte antwoorde hê


allerbelangrikste
hartswoordjies aan my sê


sal hom met
alles in my volkome bederf


sy naam
spesiaal op my hart laat uitverf


verseker
respek en liefde as prys verwerf.





©31/05/2010Joan

View user profile

2 Re: Betrekking vakant on Sun Dec 04, 2011 12:17 pm

klink vir my na die perfekte pos vereiste maar oo wee waar sal ons dan so een kan vind? hierdie gedig is besonder amusant en goed saam gestel !

View user profile

3 Re: Betrekking vakant on Sun Dec 04, 2011 12:42 pm

Amper onmoontlik! Uitdagend en heerlik, baie dankie, Ronel, ek waardeer!

View user profile

Sponsored content


View previous topic View next topic Back to top  Message [Page 1 of 1]

Permissions in this forum:
You cannot reply to topics in this forum