SplinterDrome

Bring jou splinter drome in woorde ----- Turn you dream fragments into words

PLEASE NOTE ALL WORK ON THIS FORUM HAS NOW BEEN REGISTERED AT SAMBRO FOR COPYRIGHT ON ANY LYRICS THAT MIGHT BE USED IN MUSIC SCORES NEEM ASSEBLIEF KENNIS ALLE WERK OP DIE FORUM IS GEREGISTREER BY SAMBRO VIR KOPIEREG OP ALE VERSE OF DELE DAARVAN WAT MOONTLIK IN MUSIEK LIRIEKE AANGEWEND KAN WORD
Search
 
 

Display results as :
 


Rechercher Advanced Search

Keywords

Latest topics
» lewe,.. minaar of moordenaar
Fri Sep 21, 2012 11:37 am by Lala

» As..........................
Fri Sep 21, 2012 9:56 am by Ronel Holtz

» Lente van my siel
Fri Sep 21, 2012 12:41 am by Ronel Holtz

» Agtergeblewe Paradys
Sat Jul 14, 2012 10:44 am by Utopian Indigent

» tussen woorde
Sat Jul 14, 2012 7:54 am by Utopian Indigent

» Cinnamon heart
Sat Jul 14, 2012 7:54 am by Ronel Holtz

» Drome van Spanje
Sat Jul 14, 2012 7:51 am by Ronel Holtz

» stilte kwatryn
Thu Jul 12, 2012 9:31 am by Ronel Holtz

» van agteruit loop om vorentoe te kom
Thu Jul 12, 2012 9:28 am by Ronel Holtz

October 2017
MonTueWedThuFriSatSun
      1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031     

Calendar Calendar

Affiliates
free forum

Affiliates
free forum


You are not connected. Please login or register

Louis Likewaan se staaltjies - De Waal se boormasjien

View previous topic View next topic Go down  Message [Page 1 of 1]

Admin

avatar
Admin
Oom Peet de Waal was die Boorman in die kontrei. Vir die vee-boere het hy net so 'n wysvinger-dikte onderkant ou Dominies, maar omtrent gelyk met die Sersant van die Polisie en die dokter, in orde van status en aansien gestaan. As oom Peet gesê het die water are loop reg onder die huis deur, met die sterkste aar reg onder die skoorsteen van die Welcome Dover stoof, is die kombuis sonder enige teëstribbelinge verander en verbou om plek te maak vir die boormasjien. .
Al was die water net genoeg vir 'n handpompie, was dit weereens nog 'n pouveer in die ou se hoed. Sou die gat niks opgelewer het nie, het hy in elk geval gemaak- traag' met 'n pynlike trek op sy nagmaalsgesig, die volle bedrag gevat met die sugtende woorde,
"Hjaa....selfs die Meester het 'n fout gemaak toe hy vir Judas Iskariot in diens geneem het."
Teen so 'n filosofie het niemand enige argument of verskil gehad nie.

Sy Bedford bakkie sonder deure, met twee dromme Voco-kragparaffien agterop, het volgens hom op 'n mengsel van turksvymampoer en volstruisvet geloop, en het net so 'n pint of twee petrol nodig gehad om eers die enjin warm te maak met "start-up". Die petrol is gewoonlik deur die kliënt voorsien in die vorm van 'n vyf-gelling kan, en oom Peet het altyd 'n rubber-pyp gerieflik byderhand gehad.

Die res van sy "technical tools" het bestaan uit 'n sink gereedskapkassie met spesiaal behandelde sesduim spykers, 'n tweepond hamer , 'n honderdvoet linne maatband met 'n las in die middel en 'n koper skietlood. Die Joseph Roger, met die lem al so skerp soos 'n els geslyp, het hy in sy linker broeksak gedra en die "Railway Timekeeper" aan 'n ketting in sy regteronderbaadjiesak.

Niemand het ook ooit uitgevind wat so spesiaal aan die behandelde spykers was nie, en met die koperskietlood het hy eendag vir ouma in hulle slaapkamer, gewys waar presies twee magnetiese lyne van die aarde mekaar kruis, en waar hulle bed moes staan om "ewigdurende verligting" te bring van rumatiek, scaetica en vlieënde jig. Die raad het haar 'n slagskaap gekos
.
Die meeste van sy kennisse was boere en by hulle het hy geen geheim daarvan gemaak dat Robie Leibrandt, onder die bekwame leiding van Max Schmelling, ons eerste swaargewig-bokskampioen van die wêreld gaan wees nie. Langenhoven was 'n beter skrywer as Shakespear. Die Ossewa-Brandwag kort nog net 'n de Wet en meer 6,5 Portugees Mausers, dan is dit hier ook "Deutschland uber alles"

By die paar Engelse boere het hy gewoonlik met aandete 'n das aangesit en 'n khakibaadjie met rooilissies op die skouers aangetrek .Winston Churchill kon as gevolg van sy bedywighede met die komende oorlog nie met Johnny Weismuller om die wêreld swemtitel meeding nie.Sy swem deur die magtige Apies-rivier was 'n bewys van wat hy kon vermag, het hy net genoeg tyd gehad.

Die ander hoë boom in die bos was Oom Paddy Mac Donald, die smid.
Oom Mac kon sweis, 'n bus of as op sy Dean Smith & Grace draaibank sny en selfs ook 'n parafien yskas regmaak. Wat hom egter onpopulêr gehou het, was die feit dat hy partykeer, as die nood gedruk het, die Sabbat ontheilig het.
Verder het hy nie sy mond aan mampoer gesit nie, en net whisky en water gedrink. Hy het ook tweemaal 'n maand ingery dorp toe;een maal om op 'n Sondag na die Engelse kerk toe te gaan, en die ander was daar onsekerheid oor, party mense het beweer dat hy 'n Vrymesselaar was. Sy grootste sonde was egter die feit dat hy die Boorman as 'n valse profeet en 'n kansvatter bestempel het.
Om nou 'n beesboer, wat al 'n paar keer van sy beeste moes skiet omdat daar nie water was nie, en dan deur Oom Peet se toedoen gered is, te oortuig dat iemand wat 'n gebreekte ploegraam weer kan las, ook belangrik was, was onmoontliker as die kameel deur die naald se oog.
Oom Mac het Afrikaans met 'n Skotse aksent gepraat, en het selfs 'n Van Deventer-skoonseun gehad. Hy het sy opleiding as smid in Glasgow, Skotland gehad, en lank in die handelsvloot gewerk.Sy gekruide taal het egter ook teen hom getel.
Die eerste verskil tussen die twee karakters het gekom toe oom Mac vir oom Peet 'n sestig voet lange staaf van halfduim ronde staal aanmekaar moes las.Toe die stuk werk klaar was, het oom Peet betaal, nadat hy aangedring het op afslag vir kontant, en gemeet het met sy eie lapmaatband, die stuk staaf agter die Bedford gehaak en weggesleep.
.Wat Oom Mac egter onsettend gehinder het, was die feit dat hy uit ondervinding geweet het dat dié materiaal in tien voet stukke kom, hy ses stukke aanmekaar gelas het, maar met oom Peet se lapmaatband, sewentig voet lank was
Hy het dit daar gelaat en met sy daaglikse werk aangegaan.
So 'n jaar of wat later het oom Peet oorgeslaan na 'n lugboor, op 'n International vragmotor gemonteer met die kompressor daaragter gehaak,om van sy vorige, "outydse" stampboor gate "uit te level en te plumb" en die voedings- are "weer 'n slaggie oop te blaas". .
Die koste vir so 'n operasie was 'n ietsie meer as wat die gat oorspronklik gekos het, maar "met pryse wat binnekort geweldig gaan styg as gevolg van 'n dreigende inval in "Groot Britanje " deur die Nazi's van Duitsland sal "alle lewensmiddele ons oornag ontneem word" het niemand fout gevind of verskil nie ,en gedwee ingestem. Met die nuus,vars op Radio Seezen gehoor, het oom Peet geld soos bossies gemaak en van krag tot krag gegroei.
Soos verwag kan word, het een van sy boor operateurs, wat gewoond aan die op en af van die ou Steyn-boormasjien was, die boorkop veertig voet diep in 'n gat laat uitdraai, en agterbly. Oom Peet was rasend. Hierdie was die kliënt se enigste waterbron en die boorkop daaronder, ook oom Peet se enigste.
Met dertig pond in sy hand staan oom Peet voor sy aartsvyand en sê ,"Mister Mêk, dis ies jors ief joe kên get maai bôr- hêd aut!".Oom Mac se Skotse bloed kry die oorhand.Dertig pond verteenwoordig 'n maand se harde werk. "Goed meneer de Waal, het jy miskien "drawings" van die boorkop?"
"Nou vir wat wil jy nou prentjies van die ding hê ? heers de minnie mên" Oom Peet steek die geld weer in sy sak en gaan haal egter die handboek en brosjures oor die boorstang en kop. .
Mac bestudeer die afmetings van die kop en sê na 'n rukkie. "Goed, ek sal hom môre middag kom uithaal"
Oom Peet wou eintlik dadelike reaksie gehad het en is half teësinnig daar weg.
Die volgende middag volg Mac oom Peet, wie omtrent die heeldag in sy pad was met onpraktiese raad en daad , tot by die gat in gedrang. Daar aangekom, laat sak hy die klou aan 'n halfduim kabel in die gat af, totdat hy op die veertig voet merk kom ( hy het eers die boorstamme met sy eie maatband gaan meet ) Hy ruk-ruk aan die staalkabel totdat dit vashaak en vra dan vir oom Peet;
"Kan ek jou katrol op die boormasjien gebruik?"
Oom Peet stem in, sit die katrol aan die gang, en begin opheis. Net toe die boorkop by die gat uitpeul, sit Mac sy tuisgemaakte vastrap * in, haak die kabel los, rol dit saam met die klou-kop ,op sit dit op sy muilkar, en sê.
" Goed, waar's my geld?"
Oom Peet tel versigtig tien een pond note af , en wil dit vir oom Mac gee.
"Nee meneer de Waal, derrtig pond asseblief, dit is wat jyself aangebied het toe jy in die moeilikheid was."
"Wyt i minnit, wyt i minnit, ek het jou die heel dag moes help om die ding te maak, jy het my katrol gebruik en ek moes my petrol uitry om by jou te kom. Ek gee jou solank die tien pond en sodra die boer my betaal, gee ek jou nog tien"
"Nee meneer de Waal,dit is nie wat ons ooreenkoms was nie. Vat altwee die tien ponde en gaan koop vir jou 'n nuwe maatband!". Met die woorde trap Oom Mac die wig op die Vastrap af, en met 'n dowwe plof val die boorkop terug in die gat. .

* Vastrap.....'n spesiale stuk gereedskap om die boorgat pype bogronds vas te hou terwyl daar aangelas of afgehaal word. vas te hou

View user profile http://splinterdrome.poeticforum.com

View previous topic View next topic Back to top  Message [Page 1 of 1]

Permissions in this forum:
You cannot reply to topics in this forum