SplinterDrome

Bring jou splinter drome in woorde ----- Turn you dream fragments into words

PLEASE NOTE ALL WORK ON THIS FORUM HAS NOW BEEN REGISTERED AT SAMBRO FOR COPYRIGHT ON ANY LYRICS THAT MIGHT BE USED IN MUSIC SCORES NEEM ASSEBLIEF KENNIS ALLE WERK OP DIE FORUM IS GEREGISTREER BY SAMBRO VIR KOPIEREG OP ALE VERSE OF DELE DAARVAN WAT MOONTLIK IN MUSIEK LIRIEKE AANGEWEND KAN WORD
Search
 
 

Display results as :
 


Rechercher Advanced Search

Keywords

Latest topics
» lewe,.. minaar of moordenaar
Fri Sep 21, 2012 11:37 am by Lala

» As..........................
Fri Sep 21, 2012 9:56 am by Ronel Holtz

» Lente van my siel
Fri Sep 21, 2012 12:41 am by Ronel Holtz

» Agtergeblewe Paradys
Sat Jul 14, 2012 10:44 am by Utopian Indigent

» tussen woorde
Sat Jul 14, 2012 7:54 am by Utopian Indigent

» Cinnamon heart
Sat Jul 14, 2012 7:54 am by Ronel Holtz

» Drome van Spanje
Sat Jul 14, 2012 7:51 am by Ronel Holtz

» stilte kwatryn
Thu Jul 12, 2012 9:31 am by Ronel Holtz

» van agteruit loop om vorentoe te kom
Thu Jul 12, 2012 9:28 am by Ronel Holtz

October 2017
MonTueWedThuFriSatSun
      1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031     

Calendar Calendar

Affiliates
free forum

Affiliates
free forum


You are not connected. Please login or register

In die Plooie van Ons Hande...

View previous topic View next topic Go down  Message [Page 1 of 1]

1 In die Plooie van Ons Hande... on Mon Nov 28, 2011 11:15 am

© Duet Willie Janse van Rensburg & Isabel Quinton

kom saam met my...volg my
kom ek wys jou my hand:
dis ’n hand vol verhale –
tot by die aandster aan die weste kant
(w)

ek sal volg
daar waarheen jy my lei
in die verhale van jou hand
sal ek self ‘n verhaal of twee skep (i)

ek wil jou wys waar my liefde vir jou lê
in die plooie van my hande
jy styf teen my deur die storms heen
vir jou wil ek my hand gee
tot daar nie asem is in my meer
(w)

ek wil deel met jou
alles wat jou hande my kan
offer
ek wil trek oor lande heen
deur stille oseaan
- geen horison onmoontlik (i)

oor paaie en lande deurkruis
so lank ek saam met jou is
geen riviere te diep
so lank jy my styf vas hou

oor berge en oor dale
geanker in jou wese
waar jy my daagliks bekoor
in die holte van jou liefde (w + i)

soos ‘n warrelwind het jy kom aanklop
so ongemerk my hart kom vat
jou wese het by my kom inkruip
jou lag het my asem geword (w)

neem my brose hart in die plooie van jou hande
hou dit en moet dit nie laat gaan
bewaar dit veilig in die plooie van jou hande
ek offer dit vandag vir jou my lief
want by jou rots dit sy ewige tuiste (i)

jou brose hart lê sag in my hande (w)

en joune diep in my (i)

veilig weg van al die seer (w + i )

in my hart gegraveer elke letter
wat saam vorm jou naam
en soos ‘n vlam ‘n mot betower
is jy besig om my hele wese te verower
in die holtes van jou hande (i)

verewig sal jy lag saam met my
ons hande broos en vol plooie
is gevleg aan mekaar
sal jou stories lees met my hande
terwyl ek jou grys hare saggies streel (w)

verewig en altyd
jou hart veilig by my
hier in die plooie van ons hande
raak ons een...verewig ek en jy....
raak ons een...verewig ek en jy....(w + i)

View user profile

View previous topic View next topic Back to top  Message [Page 1 of 1]

Permissions in this forum:
You cannot reply to topics in this forum