SplinterDrome

Bring jou splinter drome in woorde ----- Turn you dream fragments into words

PLEASE NOTE ALL WORK ON THIS FORUM HAS NOW BEEN REGISTERED AT SAMBRO FOR COPYRIGHT ON ANY LYRICS THAT MIGHT BE USED IN MUSIC SCORES NEEM ASSEBLIEF KENNIS ALLE WERK OP DIE FORUM IS GEREGISTREER BY SAMBRO VIR KOPIEREG OP ALE VERSE OF DELE DAARVAN WAT MOONTLIK IN MUSIEK LIRIEKE AANGEWEND KAN WORD
Search
 
 

Display results as :
 


Rechercher Advanced Search

Keywords

Latest topics
» lewe,.. minaar of moordenaar
Fri Sep 21, 2012 11:37 am by Lala

» As..........................
Fri Sep 21, 2012 9:56 am by Ronel Holtz

» Lente van my siel
Fri Sep 21, 2012 12:41 am by Ronel Holtz

» Agtergeblewe Paradys
Sat Jul 14, 2012 10:44 am by Utopian Indigent

» tussen woorde
Sat Jul 14, 2012 7:54 am by Utopian Indigent

» Cinnamon heart
Sat Jul 14, 2012 7:54 am by Ronel Holtz

» Drome van Spanje
Sat Jul 14, 2012 7:51 am by Ronel Holtz

» stilte kwatryn
Thu Jul 12, 2012 9:31 am by Ronel Holtz

» van agteruit loop om vorentoe te kom
Thu Jul 12, 2012 9:28 am by Ronel Holtz

October 2017
MonTueWedThuFriSatSun
      1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031     

Calendar Calendar

Affiliates
free forum

Affiliates
free forum


You are not connected. Please login or register

Sal daar Eendag?

View previous topic View next topic Go down  Message [Page 1 of 1]

1 Sal daar Eendag? on Mon Nov 28, 2011 8:13 am

Sal daar eendag
stiltes in ons woorde kom lê
wanneer ons harte nie meer wil praat
oor die liefde en geluk wat soos diamante
in ons oë kon skitter en saam met die
sterre snags aan die hemel kon raak

Sal daar eendag
'n niemandsland tussen ons wees
waar ons met halwe harte sal wegkyk
van die liefde wat ons eens vir
mekaar kon voel en gee
spore stof getrap na mekaar
nou net leë beloftes tussen
iewers se gister en nou

Sal daar eendag
hoekoms en waaroms wees
oor waar ons bymekaar verby geloop het
in ons besige alledaagse bestaan
liewers en eerders wees wat uitgedeel
moes wees tussen my en jou
sou ons dan nog na mekaar
toe wou gaan?

Sal daar eendag
nog lag in ons harte oor wees
'n liedjie met mooi woorde om te sing
sal ons nog eendag aan liefde kan glo
op vlerke kan sweef ver verby die son
sal ons nog eendag aan die hemel
en die skitter sterre kan raak
daar tyd wees om alles
tussen ons reg te maak

View user profile

View previous topic View next topic Back to top  Message [Page 1 of 1]

Permissions in this forum:
You cannot reply to topics in this forum