SplinterDrome

Bring jou splinter drome in woorde ----- Turn you dream fragments into words

PLEASE NOTE ALL WORK ON THIS FORUM HAS NOW BEEN REGISTERED AT SAMBRO FOR COPYRIGHT ON ANY LYRICS THAT MIGHT BE USED IN MUSIC SCORES NEEM ASSEBLIEF KENNIS ALLE WERK OP DIE FORUM IS GEREGISTREER BY SAMBRO VIR KOPIEREG OP ALE VERSE OF DELE DAARVAN WAT MOONTLIK IN MUSIEK LIRIEKE AANGEWEND KAN WORD
Search
 
 

Display results as :
 


Rechercher Advanced Search

Keywords

Latest topics
» lewe,.. minaar of moordenaar
Fri Sep 21, 2012 11:37 am by Lala

» As..........................
Fri Sep 21, 2012 9:56 am by Ronel Holtz

» Lente van my siel
Fri Sep 21, 2012 12:41 am by Ronel Holtz

» Agtergeblewe Paradys
Sat Jul 14, 2012 10:44 am by Utopian Indigent

» tussen woorde
Sat Jul 14, 2012 7:54 am by Utopian Indigent

» Cinnamon heart
Sat Jul 14, 2012 7:54 am by Ronel Holtz

» Drome van Spanje
Sat Jul 14, 2012 7:51 am by Ronel Holtz

» stilte kwatryn
Thu Jul 12, 2012 9:31 am by Ronel Holtz

» van agteruit loop om vorentoe te kom
Thu Jul 12, 2012 9:28 am by Ronel Holtz

October 2017
MonTueWedThuFriSatSun
      1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031     

Calendar Calendar

Affiliates
free forum

Affiliates
free forum


You are not connected. Please login or register

WYS MY JOU HART SE KLEIN KAROO

View previous topic View next topic Go down  Message [Page 1 of 1]

1 WYS MY JOU HART SE KLEIN KAROO on Mon Nov 28, 2011 5:19 am

wys my jou drome van jou Klein Karoo
... waar grasvlaktes in eenvoud is met sy hemelprag
waar windpomp honger staar na bo
laat jou bloedswyn deur my are klop
as ons vlees een word onder die Karoo se hemel melk (W)

in jou oë ‘n onblusbare passie wat uitbars in golwe van liefde
jou sagte aanraking stig vure in my
‘n rondom talie van ‘n wilde woeste tolbos emosie
smelt ons weg tussen die sterre van die Klein Karoo (I)

In my vernielde erosie hart
sak ‘n stille afwagting neer, as jy my met jou lippe fassineer (W)
Glimlaggend, soekend, tergend…jou hande ru maar tog so sag
Stuur jy rillings deur my hele liggaam (I)
Terwyl die liefde drup, drup onder die hemel van jou Klein Karoo (W+I)

in jou oë het ek myself gevind
met jou sagte manlike mond het ek myself verloor
in jou sterk arms voel ek veilig en weet nou waar ek hoort
in jou growwe menswees siele-hart is my nuwe tuiste (I)

my siel smag na jou
jy fassineer my met jou lag
jy betower my met jou digters mond
jy laat my verdrink in jou mooi bolle oë
laat my een word in jou splinter-hart (W)

soos die dorre aarde smag na jou, so smag my siel na jou
jou arms styf om my gevou onder ‘n boom in die Klein Karoo
verdrink my met jou eindelose liefde
fassineer my met jou glimlag
laat ek myself weer vind in jou siel van jou Klein Karoo (W+I)

View user profile

2 Re: WYS MY JOU HART SE KLEIN KAROO on Mon Nov 28, 2011 7:26 am

besondere stuk en dan ook ons eerste Duet! baie baie dankie en geluk dit is 'n ongelooflike mooi werk en stel die troef hoog vir die wat daarin wil volg!

View user profile

View previous topic View next topic Back to top  Message [Page 1 of 1]

Permissions in this forum:
You cannot reply to topics in this forum