SplinterDrome

Bring jou splinter drome in woorde ----- Turn you dream fragments into words

PLEASE NOTE ALL WORK ON THIS FORUM HAS NOW BEEN REGISTERED AT SAMBRO FOR COPYRIGHT ON ANY LYRICS THAT MIGHT BE USED IN MUSIC SCORES NEEM ASSEBLIEF KENNIS ALLE WERK OP DIE FORUM IS GEREGISTREER BY SAMBRO VIR KOPIEREG OP ALE VERSE OF DELE DAARVAN WAT MOONTLIK IN MUSIEK LIRIEKE AANGEWEND KAN WORD
Search
 
 

Display results as :
 


Rechercher Advanced Search

Keywords

Latest topics
» lewe,.. minaar of moordenaar
Fri Sep 21, 2012 11:37 am by Lala

» As..........................
Fri Sep 21, 2012 9:56 am by Ronel Holtz

» Lente van my siel
Fri Sep 21, 2012 12:41 am by Ronel Holtz

» Agtergeblewe Paradys
Sat Jul 14, 2012 10:44 am by Utopian Indigent

» tussen woorde
Sat Jul 14, 2012 7:54 am by Utopian Indigent

» Cinnamon heart
Sat Jul 14, 2012 7:54 am by Ronel Holtz

» Drome van Spanje
Sat Jul 14, 2012 7:51 am by Ronel Holtz

» stilte kwatryn
Thu Jul 12, 2012 9:31 am by Ronel Holtz

» van agteruit loop om vorentoe te kom
Thu Jul 12, 2012 9:28 am by Ronel Holtz

October 2017
MonTueWedThuFriSatSun
      1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031     

Calendar Calendar

Affiliates
free forum

Affiliates
free forum


You are not connected. Please login or register

Die lewe is soos 'n K&N air filter

View previous topic View next topic Go down  Message [Page 1 of 1]

1 Die lewe is soos 'n K&N air filter on Sat Nov 26, 2011 2:43 pm

Ek sit hier en luister na Robbie Wessels, drink 'n koffie met 'n klippie in en dink die lewe is so lekker belewenis, en onse Vader het my 'n geheue gegee soos 'n K&N air filter, onthou net die goeie en vergeet die gemors!

Ek kan nog my eerste trap kar onthou, so rooie met wit wiele, en Ottie my oom wat my trek met 'n tou op die trap kar en flenters my Jack Russel wat agterna hardloop. Onthou dad se Alfa wat ek gepane lbeat het, onthou die dag toe Ronel huis toe gekom het en ek die moer in was want ek wou 'n boetie gehad het! Kan nie onthou dat flenters pad gevat het nie, was te lief vir my nuwe sussie om agter te kom.

Onthou Oom Louw van Niekerk wat oorkant ons gebly het, en smiddae met sy Hardley Davidson huis toe gekom het, deur die voor hekkie, voordeur tot in hul sitkamer, dan 'n koppie worcestersous skoon gedrink het.Onthou hoe ek en dad sy peugot 304 bakkie se engine oorgedoen het, en Dot(Ronel) op die warm soldeerbout getrap het.Toe moeks in die hospitaal was en dad vir my en Dot sop gemaak het wat snuffels die hond nie eens wou eet nie. Moeks het toe huis toe gekom met 'n baba boetie vir my!

Ek onthou die dag toe ons die Opel rekord pak om Richardsbaai toe te trek,die headgasket wat die Opel op Piet Retief geblaas het en ek , dad en die mechanic wat nie drink nie, help om hom reg te maak, by die Mobil garage met 'n mannetjie wat gemaak was van ou kar parte.Ek onthou hoe Ronel gesê het sy wil " poeg" en dad moet stop, sy het erg karsiek geword.

Ek onthou nog die hemelblou Land Rover wat dad gekoop het, en ons op die strand mee gery het. Sy twee pêlle, Oom Barry Newmarch, met 'n geel beach buggy,,en Oom Fred Yobeckou,'n Oostenryker wat die snaakste Afrikaans gepraat het.Dan ry ons see langs vanaf Richardsbaai verby Saint Lucia,Embibie, tot by Ponta d'Or aan die Mosambiekse grens.

Ek onthou toe ons Sezela toe getrek het, dit is so tussen Scottsburgh en Port Shepstone.Dad het 'n Truimf chicane by sy vorige baas gekoop,lekker kar!!Die het hy toe verkoop aan 'n indier wat seker nou nog daarmee ry. Dad het toe 'n Toyota Corona as maatskappy motor gekry, Dit was die ultimate Rally kar daai, ek het baie vir Broten Crookes, die speedcop,polisie,brandweer, ambulans , weggejaag met daai Toyota.

Ek onthou die jaar wat ek my rug-operasie gehad het,1977, en ek in die Entabeni Hospitaal in Durban gele het vir 6 maande, Dad,Moeks,Dot en Jan het so twee keer 'n week vir my kom kuier.Die volgende jaar is ek koshuis toe op Port Shepstone. waar ek my wonderlike vrou Bernice(poepies) ontmoet het.

Nou ja intussen het Dad besluit om hemel toe te gaan en twee jaar later het Moeks hom gevolg, my twee kinders is al yslik groot, en ek sit en luister na Robbie Wessels, en smile, lewe is so great, en my geheue is soos 'n K&N filter, onthou net die suiwer dele , die gemors, seer en vuil is vergete!

LEKKER OM 'N MECHANIC TE WEES!!!

View user profile

2 Re: Die lewe is soos 'n K&N air filter on Mon Nov 28, 2011 9:09 am

Ek onthou ja 07-07-1977 7H00 jy in teater toe en jy het maande gips gedra van jou borskas tot jou heupe en al ma se breipenne het uitgekom toe hulle jou gips afhaal want jy jou rug daarmee gekrap en dan val hulle in, onthou soveel lekker onthoue saam jou, jou skrywes hier word vir my soos n dosis uppers elke keer jy skryf,.. nie geweet jy het my darem biekie gelike nie, ma moes jou met n hout krokodil slaan oor jy my verpes het !! kan onthou jy my op jou chopper gelift het fliek toe en Jaco Marie toe!! ek hou van jou K&N filter onthoue!!

View user profile

View previous topic View next topic Back to top  Message [Page 1 of 1]

Permissions in this forum:
You cannot reply to topics in this forum