SplinterDrome

Bring jou splinter drome in woorde ----- Turn you dream fragments into words

PLEASE NOTE ALL WORK ON THIS FORUM HAS NOW BEEN REGISTERED AT SAMBRO FOR COPYRIGHT ON ANY LYRICS THAT MIGHT BE USED IN MUSIC SCORES NEEM ASSEBLIEF KENNIS ALLE WERK OP DIE FORUM IS GEREGISTREER BY SAMBRO VIR KOPIEREG OP ALE VERSE OF DELE DAARVAN WAT MOONTLIK IN MUSIEK LIRIEKE AANGEWEND KAN WORD
Search
 
 

Display results as :
 


Rechercher Advanced Search

Keywords

Latest topics
» lewe,.. minaar of moordenaar
Fri Sep 21, 2012 11:37 am by Lala

» As..........................
Fri Sep 21, 2012 9:56 am by Ronel Holtz

» Lente van my siel
Fri Sep 21, 2012 12:41 am by Ronel Holtz

» Agtergeblewe Paradys
Sat Jul 14, 2012 10:44 am by Utopian Indigent

» tussen woorde
Sat Jul 14, 2012 7:54 am by Utopian Indigent

» Cinnamon heart
Sat Jul 14, 2012 7:54 am by Ronel Holtz

» Drome van Spanje
Sat Jul 14, 2012 7:51 am by Ronel Holtz

» stilte kwatryn
Thu Jul 12, 2012 9:31 am by Ronel Holtz

» van agteruit loop om vorentoe te kom
Thu Jul 12, 2012 9:28 am by Ronel Holtz

October 2017
MonTueWedThuFriSatSun
      1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031     

Calendar Calendar

Affiliates
free forum

Affiliates
free forum


You are not connected. Please login or register

na aanleiding van (Marie/Mce Bredenkamp 2011-11-22) Kopiereg voorbehou on Mon 22 Nov 2011

View previous topic View next topic Go down  Message [Page 1 of 1]

Admin

avatar
Admin
"And you hear me from far away and my voice does not touch you.
It seems as though your eyes had flown away."

"I like for you to be still - it is as though you were absent
distant and full of sorrow as though you had died;
one word then, one smile is enough.
And I am happy, happy that it's not true." Pablo Neruda

Na aanleiding van ....(Cool

stilte kom lê
soos ierse linne oor 'n gestorwene
kreukelvry
met ontelbare molekules
van verlange
saamgepers
in veselfynheid
word onmeetbaar in
afstandige teenwoordigheid
waar woorde
wegvloei
in 'n kabbeling sonder klank
en digters nie stemme het
om passie in obsessie
uit te stort
maar selfs
oë van die dooies
kan vlerke kry
strofes word
en wegvlerk
met kniebuiging
van die bidsprinkaan
en veerlig soos 'n skoenlapper
neerdaal soos in 'n landing
op die maan

en jou veraf-teenwoordigheid
omskep my afwesigheid
tot allesoorheersende vreugde
met (tog) 'n ondertoon van leed

maar altyd
- nadat jy weg is -
en jou lippe
nog afwesig-soen

onthou ek die geur
van heuningtee en suurlemoen

Mce 23/11/2011

uittreksel uit: ruimtereis van my hart

"is spoed, hoek en hoogte reg,
swééf jy terug
tot die kern van my wêreld -
bring 'n valskerm jou tot stilstand
met 'n blye weersiens oog-tot-oog

dog:

skiet jou vlug die ruimte in,
bly ek met leed en hunkering hier staan
met oë wat jou immer volg en volg

disintegreer jou tuig in my atmosfeer
dra ek jou leed hierna vir ewig in oog en hart

en weet ek nie sal ek óóit weer lief wou hê
óóit weer 'n tuig lanseer
óóit weer my hart uit jou ruimte terug laat keer ..

(Na aanleiding van die COLUMBIA-VLUG) mce//2003

View user profile http://splinterdrome.poeticforum.com

View previous topic View next topic Back to top  Message [Page 1 of 1]

Permissions in this forum:
You cannot reply to topics in this forum