SplinterDrome

Bring jou splinter drome in woorde ----- Turn you dream fragments into words

PLEASE NOTE ALL WORK ON THIS FORUM HAS NOW BEEN REGISTERED AT SAMBRO FOR COPYRIGHT ON ANY LYRICS THAT MIGHT BE USED IN MUSIC SCORES NEEM ASSEBLIEF KENNIS ALLE WERK OP DIE FORUM IS GEREGISTREER BY SAMBRO VIR KOPIEREG OP ALE VERSE OF DELE DAARVAN WAT MOONTLIK IN MUSIEK LIRIEKE AANGEWEND KAN WORD
Search
 
 

Display results as :
 


Rechercher Advanced Search

Keywords

vers  gedigte  

Latest topics
» lewe,.. minaar of moordenaar
Fri Sep 21, 2012 11:37 am by Lala

» As..........................
Fri Sep 21, 2012 9:56 am by Ronel Holtz

» Lente van my siel
Fri Sep 21, 2012 12:41 am by Ronel Holtz

» Agtergeblewe Paradys
Sat Jul 14, 2012 10:44 am by Utopian Indigent

» tussen woorde
Sat Jul 14, 2012 7:54 am by Utopian Indigent

» Cinnamon heart
Sat Jul 14, 2012 7:54 am by Ronel Holtz

» Drome van Spanje
Sat Jul 14, 2012 7:51 am by Ronel Holtz

» stilte kwatryn
Thu Jul 12, 2012 9:31 am by Ronel Holtz

» van agteruit loop om vorentoe te kom
Thu Jul 12, 2012 9:28 am by Ronel Holtz

December 2017
MonTueWedThuFriSatSun
    123
45678910
11121314151617
18192021222324
25262728293031

Calendar Calendar

Affiliates
free forum

Affiliates
free forum


You are not connected. Please login or register

Met my Engelvlerke

View previous topic View next topic Go down  Message [Page 1 of 1]

1 Met my Engelvlerke on Sun Nov 20, 2011 5:44 am


Sal jou liefhê tot die son die see inloop
nooit weer sy kop oor die horison steek
die donkernag by die sterre lig moet koop
om so die duisternis vir ons te breek

Sal jou liefhê tot die nag nie meer dou maak
wat soos skitterende diamante in die son skyn
sonstrale se goue kwas nie meer aan jou raak
die dag nie meer agter die nag se gordyn verdwyn

Sal jou liefhê totdat Jupiter nie meer sal bestaan
en Mars sy rooi gesig iewers, êrens sal verloor
die planete sal wegraak uit hul bestemde baan
ek nie meer die aandwindjie se stem sal hoor

Sal jou liefhê solank as wat ek asem haal
al is daar niks meer krag in my liggaam oor
tot daar ewige duisternis om my sal neerdaal
waaragtig ek sal jou liefhê, ek wil jou nie verloor

Sal jou liefhê al moet ek voor jou hemel toe gaan
my engelvlerke van beskerming en liefde om jou vou
elke dag saam met jou wandel en langs jou staan
jou liefhê tussen gister en waar ek oor jou wag hou

View user profile

2 Re: Met my Engelvlerke on Sun Nov 20, 2011 6:04 am

sal jou liefhe,... pragtige werk hierdie gee liefde in soveel oorgawe so als omhelsend

View user profile

3 Re: Met my Engelvlerke on Thu Dec 22, 2011 6:19 am

Baie dankie vir die lees Ronel flower

View user profile

Sponsored content


View previous topic View next topic Back to top  Message [Page 1 of 1]

Permissions in this forum:
You cannot reply to topics in this forum