SplinterDrome

Bring jou splinter drome in woorde ----- Turn you dream fragments into words

PLEASE NOTE ALL WORK ON THIS FORUM HAS NOW BEEN REGISTERED AT SAMBRO FOR COPYRIGHT ON ANY LYRICS THAT MIGHT BE USED IN MUSIC SCORES NEEM ASSEBLIEF KENNIS ALLE WERK OP DIE FORUM IS GEREGISTREER BY SAMBRO VIR KOPIEREG OP ALE VERSE OF DELE DAARVAN WAT MOONTLIK IN MUSIEK LIRIEKE AANGEWEND KAN WORD
Search
 
 

Display results as :
 


Rechercher Advanced Search

Keywords

Latest topics
» lewe,.. minaar of moordenaar
Fri Sep 21, 2012 11:37 am by Lala

» As..........................
Fri Sep 21, 2012 9:56 am by Ronel Holtz

» Lente van my siel
Fri Sep 21, 2012 12:41 am by Ronel Holtz

» Agtergeblewe Paradys
Sat Jul 14, 2012 10:44 am by Utopian Indigent

» tussen woorde
Sat Jul 14, 2012 7:54 am by Utopian Indigent

» Cinnamon heart
Sat Jul 14, 2012 7:54 am by Ronel Holtz

» Drome van Spanje
Sat Jul 14, 2012 7:51 am by Ronel Holtz

» stilte kwatryn
Thu Jul 12, 2012 9:31 am by Ronel Holtz

» van agteruit loop om vorentoe te kom
Thu Jul 12, 2012 9:28 am by Ronel Holtz

October 2017
MonTueWedThuFriSatSun
      1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031     

Calendar Calendar

Affiliates
free forum

Affiliates
free forum


You are not connected. Please login or register

My woorde kind

View previous topic View next topic Go down  Message [Page 1 of 1]

1 My woorde kind on Sun Nov 20, 2011 2:20 am

eens het ek hierdie gawe van my
wou kussing smoor
klein klein
as wiegie dood verklaar

soveel sekondes,
of dalk dekades terug
het ek woorde voor lip-raak
hervries
om woordeloos deur my dae te gaan

oomblik, eeue terug
droom kastele geskilder
in deursigtig versigtig wit
geen kant voor die vensters gehang
geen orgidee geplant
geen kleur.
geen droom,
geen woord
buite my wese laat dans

eens wou ek hierdie gawe kind van my
klein klein vermoor
soos rebels kind het sinne,
woorde,
prente
twaalf en nege skakerings van blou
uit gevlieg in drom kabaal

hierdie amper-dood rebellie kind
my dae verorber
soos sprinkaanplaag
die droom kasteel
vanuit strengelik wit
tot reënboog refrein gepleister, plak

eens het ek hierdie gawe van my
wou kussing smoor
klein, klein
as wiegie dood verklaar

maar nou
ligjare later
is jy groot my kind
nie stom verys in my siel
nie woord-krom geboë
na ander se siel

eens my woorde kind
wou ek
jou
kussing smoor
en dood verklaar!

View user profile

View previous topic View next topic Back to top  Message [Page 1 of 1]

Permissions in this forum:
You cannot reply to topics in this forum