SplinterDrome

Bring jou splinter drome in woorde ----- Turn you dream fragments into words

PLEASE NOTE ALL WORK ON THIS FORUM HAS NOW BEEN REGISTERED AT SAMBRO FOR COPYRIGHT ON ANY LYRICS THAT MIGHT BE USED IN MUSIC SCORES NEEM ASSEBLIEF KENNIS ALLE WERK OP DIE FORUM IS GEREGISTREER BY SAMBRO VIR KOPIEREG OP ALE VERSE OF DELE DAARVAN WAT MOONTLIK IN MUSIEK LIRIEKE AANGEWEND KAN WORD
Search
 
 

Display results as :
 


Rechercher Advanced Search

Keywords

Latest topics
» lewe,.. minaar of moordenaar
Fri Sep 21, 2012 11:37 am by Lala

» As..........................
Fri Sep 21, 2012 9:56 am by Ronel Holtz

» Lente van my siel
Fri Sep 21, 2012 12:41 am by Ronel Holtz

» Agtergeblewe Paradys
Sat Jul 14, 2012 10:44 am by Utopian Indigent

» tussen woorde
Sat Jul 14, 2012 7:54 am by Utopian Indigent

» Cinnamon heart
Sat Jul 14, 2012 7:54 am by Ronel Holtz

» Drome van Spanje
Sat Jul 14, 2012 7:51 am by Ronel Holtz

» stilte kwatryn
Thu Jul 12, 2012 9:31 am by Ronel Holtz

» van agteruit loop om vorentoe te kom
Thu Jul 12, 2012 9:28 am by Ronel Holtz

October 2017
MonTueWedThuFriSatSun
      1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031     

Calendar Calendar

Affiliates
free forum

Affiliates
free forum


You are not connected. Please login or register

Louis Likkewaan se verhale (Louis Holtzhausen 01-10-1933 - 30-09-2006 )

View previous topic View next topic Go down  Message [Page 1 of 1]

Ek het besluit om sy verhale so stuk stuk oor te plaas hier heen en sal begin met die oorspronklike in leiding van sy manuskrip, ek hoop dat ons iewers in volgende jaar 'n E- Publishing boek sal kan uit bring met al die afdelings se brokkies, verhale, gedigte en gedagtes by mekaar van al die lede..
Om mee te begin.........
Soos trap klippe in 'n waterstroom of stukkies okkerneut in 'n vrugtekoek,is daar hier en daar wel van ware gebeurtenisse gebruik gemaak.

Wat hierna volg is nie veronderstel om geskiedenis te wees nie; allermins 'n outobiografie.

Van my tydgenote, die sal darem nog persone wat eervol vermeld word soos oom Piet Fluitjies, oom Ikey, mev. Nel, madame Glosotti, oom Willie van
der Merwe en oom Rautie, om maar net 'n paar te noem, onthou.
Fanjan (nie sy regte naam nie),Die Kaalvoet Loods het saam met sy broers en ‘n paar onderdorpers wel ‘n vliegtuig gebou maar hy het teen 'n longdrop tot stilstand gekom en sy sleutelbeen gebreek. Dieselfde Fanjan het van ‘n ou stuk fiets raam
‘n jakkals kanon geprakseer en met sy eie buskruit en volgens oorlewering klein stukkies driebeen-pot vir lopers, ‘n pad deur ‘n hok vol hoenders geskiet.
’n 45 Webley het geboorte gegee aan ‘n
Tambotieboom hou wag maar is onder veel minder romantiese omstandighede in ‘n oopgroef myn uitgegrawe.
Diegene wat al deur die Mahalakwen, deur die plaas Monds, daar waar die Glen Alpine dam nou is, so ‘n tien, vyftien kilometer in die rigting van Matlala se kop, net dood eenvoudig die wêreld in
geloop het, sal weet waarom so ‘n uitstappie, ‘n storie tot gevolg kan hê. Ek kan nou ook verstaan waarom een van ons grotes gesing het, en ek haal aan; Daar sal ek vrede weer besef, waar Thebes in die stil woestyn……………………
Ruimtereisigers gestrand moes ‘n hele paar keer herskryf en gesnoei word want daar was alreeds persone wat dit aan ‘n ware gebeurtenis probeer koppel het. Neefs Hendrik, Piet en Cor, sal die Sporting Lee Metford met die vierkantige patrone dadelik herken; so 'n geweer het regtig bestaan,
maar Ratau die leeu, sover ek kon vasstel, nie.
Oom Jan wat die denkbeeldige Jandim Versneller
ontwerp het, het 'n mikroskoop waarmee hy Vanadium erts kon analiseer van 'n boks kamera se lens en soos wat dit vir my gelyk het, 'n Coke bottel se boom gemaak.
Hy het my na een of ander parasiet deur dié mikroskoop laat kyk.
Kort daarna het hy noodlottig met ‘n haelgeweer verongeluk. Piet Baloi, Matjek en Sinkwas het regtig bestaan.
Hendrik (onder 'n ander naam a.g.v. Van vervolgings
vrees vir die D.B.V,) het inderdaad 'n steekbaard met so 'n reuse kettie regoor die straat tot binne in ‘n private heining in geskiet. . .
In “Vuurpyle oor seun van die Son mond die Changane in die see uit; dis nie regtig so nie en daar is
ook nie klip koppies in die omgewing nie; daar kan dalk Ters wees. Jan Schramm en dalk ook Mike Hoare, sal die gebeurtenis met die R.P.G. 7 namaaksel wat deur ‘n tak terug geswaai is, dadelik herken.
Boetman het ‘n litteken voor sy kop waar die riem breiklip hom met die afval, katswink geslaan het. Koos, van Kiepie die Korporaal, kon blykbaar regtig so ver gooi en het inderdaad‘n lewendige
handgranaat per ongeluk die lug in opgegooi. Dié episode het ek by een van sy maats gehoor, wat, soos wat die storie gaan, onder vlieënde skrapnel kon uithardloop.
Ek gaan nie filosofeer oor wat die ouens wat die boek wil koop, die meeste geniet nie; 'n ware, saaie feit of 'n “Taurus Faeces “storie.(Indien jy nie weet wat dit is nie, vra ‘n prokureur of
‘n onderwyser in Latyn, wat sy sout werd is)
Solank ek dan net een ou suurknol kan laat lag, frons of iemand ‘n rukkie laat nadink oor wat hy gelees het, dan was dit vir my al die pad
die moeite werd.!
Dié poging van my word opgedra aan wyle meneer Piet Palm, Piet Potgieter Hoër,1947.
Ek het by hom 75% vir ‘n opstel, Uitvindings van die Twintgste eeu gekry, my hoogste ooit!!


Louis Holtzhausen
Gebore 01-10-1933
Oorlede 30-09-2006

Na vele jare se letterlike “gespook” kon ek die moed bymekaar kry om hierdie CD kopie van my oorlede pa se kort verhale oop te maak en te begin proeflees vir n manuskrip. In sy
laaste jare het ek en hy baie ure gewerk aan die kortverhale, ons het geskaaf en geskuur en selfs sekere gedeeltes moes sny omdat dit nie meer in pas of aanvaar baar is in ons daaglikse
lewe nie!
Na sy afsterwe kon ek nie hierdie werke oop maak sonder om sy stem ('n pragtige tenoor stem wat lieflike opera aria uit Rigoleto
en Orpheus kon saam sing terwyl hy skryf) te hoor hierdie werk voorlees.
Oor my self gaan ek nie veel sê buiten dat my liefde vir opera en dig uit sy hand na my gekom het.

Ronel
Holtzhausen




View user profile

View previous topic View next topic Back to top  Message [Page 1 of 1]

Permissions in this forum:
You cannot reply to topics in this forum